Die Seën van Vrede episode artwork

EPISODE · Nov 4, 2024 · 2 MIN

Die Seën van Vrede

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLevitikus 26:6 “Ek sal vir julle vrede gee in die land en julle sal gaan slaap sonder om bang te wees. Ek sal die wilde diere uit julle land wegneem en julle van julle vyande bewaar.” (NLV) Vandag word Wapenstilstandsdag, die dag toe die einde van die Eerste Wêreldoorlog aangekondig is, in talle lande herdenk. Destyds het hulle gesê dat daar nooit weer só ‘n oorlog op aarde sal wees nie. Maar vandag weet ons van beter, nè? Hulle sê daar het meer as 20 miljoen mense in die Eerste Wêreldoorlog gesterf. Ja, maar wat nog erger is, is dat daar volgens amptelike syfers ten minste nog 230 oorloë daarna was. En dit sluit die Tweede Wêreldoorlog in, waarin meer as 70 miljoen mense dood is. En ons ken mos statistieke – die sterftes is waarskynlik baie hoër as dit!Enigiemand wat ‘n oorlog beleef het, sal jou kan vertel dat daardie trauma nooit weggaan nie. My eie ouers is deur ‘n oorlog en hulle kon stories vertel van die pyn wat hulle beleef het, baie jare nadat die konflik al verby was.Alhoewel ek ook 'n soldaat was, was ek nog nooit in ‘n oorlog situasie betrokke nie. Dit is dus vir my ook maklik om vrede as vanselfsprekend te aanvaar. Maar ons moet dit nooit doen nie, want vrede is een van die grootste seëninge wat ons ooit van God kan ontvang. Kyk wat Hy ongeveer twee en 'n half duisend jaar gelede vir die Israeliete gesê het in:Levitikus 26:6 “Ek sal vir julle vrede gee in die land en julle sal gaan slaap sonder om bang te wees. Ek sal die wilde diere uit julle land wegneem en julle van julle vyande bewaar.” (NLV)Maar weet jy, daardie vrede is vir hulle beloof, indien hulle Hom gehoorsaam. En raai wat? Hulle het nie. Hulle het ver van Hom af weggedwaal en sedertdien het hulle tot vandag nog oorloë.Ek weet nie hoe jou sake lyk nie, maar ek weet dit: Dit maak nie saak watter konflik jy beleef nie, God wil hê dat jy die seën van sy vrede moet ervaar. Eer Hom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 4, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Levitikus 26:6 “Ek sal vir julle vrede gee in die land en julle sal gaan slaap sonder om bang te wees. Ek sal die wilde diere uit julle land wegneem en julle van julle vyande bewaar.” (NLV) Vandag word Wapenstilstandsdag, die dag toe die einde van die Eerste Wêreldoorlog aangekondig is, in talle lande herdenk. Destyds het hulle gesê dat daar nooit weer só ‘n oorlog op aarde sal wees nie. Maar vandag weet ons van beter, nè? Hulle sê daar het meer as 20 miljoen m...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Seën van Vrede

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 4, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!