Die Seerkry van Teregwysing episode artwork

EPISODE · May 24, 2025 · 2 MIN

Die Seerkry van Teregwysing

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 3:11,12 My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun. Ek het vandag ‘n paar vrae vir jou: Hou jy daarvan om reggehelp te word? Hou jy daarvan om gedissiplineer te word? Komaan! Het jy al ooit gesê: "Ek kan nie wag dat iemand my op my foute wys en my reghelp nie"? Nee, as jy eerlik is, dan sê jy seker ‘nee’!‘n Nog meer ontstellende gedagte, is om te dink aan God se dissipline; God se regstelling. Alhoewel die Bybel steeds die topverkoper in die wêreld is, is dit vandag een van die dokumente wat die minste in die samelewing vertrou word.Sê my, wie het nou lus om daardie muwwe ou godsdienstige sinlose woorde te lees of daarna te luister en dit as teregwysing en as dissipline te aanvaar? Maak laat jy wegkom!In 2008 het ek 'n e-pos van 'n kolonel in een van die rebellegroepe in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontvang. Terwyl hy 'n vredeskonferensie in Goma bygewoon het, het hy die radio in sy hotelkamer aangeskakel. Een van my boodskappe oor die eerbied vir God, het destyds gespeel. Dit is wat hy geskryf het:“Terwyl ek geluister het, het ek besef dat daar geen vrede sal wees indien daar nie eerbied vir God in die harte van die mense is nie! Daardie paar minute was die keerpunt in my lewe. Dit het my vry gemaak. Ek was op daardie stadium al 13 jaar op die slagveld. Ek weet nie hoeveel mense al aan my hand gesterf het nie, maar net daar het ek besluit om my wapens neer te lê.”Spreuke 3:11 My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 24, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 3:11,12 My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun. Ek het vandag ‘n paar vrae vir jou: Hou jy daarvan om reggehelp te word? Hou jy daarvan om gedissiplineer te word? Komaan! Het jy al ooit gesê: "Ek kan nie wag dat iemand my op my foute wys en my reghelp nie"? Nee, as jy eerlik is, dan sê jy seker ‘nee’! ‘n Nog meer ontstellende ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Seerkry van Teregwysing

0:00 2:45

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 24, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!