Die Straf Wat Jy Uitdeel episode artwork

EPISODE · Apr 30, 2024 · 3 MIN

Die Straf Wat Jy Uitdeel

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 6:37 Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. (NLV). Hoe reageer jy op mense wat die verkeerde dinge doen? Hoe hanteer jy diegene wat jou seermaak; diegene wat nie van jou hou nie; diegene wat jou op een of ander manier verkleineer? Sê my, hoe reageer jy?Hoe reageer ons gewoonlik? Ons wil hulle straf. Klink dit ‘n bietjie konfronterend? Trap ek nou op jou tone? Wag ‘n bietjie! Iemand het jou die harnas ingejaag en dadelik is jy reg om met hom af te reken. Afhangende van of jy 'n sagter, vriendeliker persoon, of 'n meer konfronterende een is, sal jy óf die seer diep in jou binneste voel en uit die situasie onttrek, óf sommer lus voel om hom met die vuis by te kom.Hoe jy ook al reageer, diep binne-in jou sal jy hom veroordeel en op een of ander manier dink aan 'n plan om hom te straf. Miskien sal jy net heeltemal onttrek? Of miskien sal jy aanhou om nare dinge oor hom te dink? Of miskien sal jy hom dwarsboom? Of miskien sal jy sy naam swartsmeer en vir ander teen hom waarsku, en sê dat hy nie vertrou kan word nie.Daar is 'n magdom verskillende opsies vir jou beskikbaar, maar watter een jy ook al kies, dit behels vergelding, en jy gee hom, volgens jou, net wat hy verdien! Tensy … wel, hier is wat Jesus hieroor sê:Lukas 6:37 Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. (NLV).Miskien is dit vir jou 'n bekende Skrifgedeelte, maar hoe gereeld pas jy dit toe op die mense wat jou seergemaak het, wat jou sleg behandel het? Jesus praat vandag baie duidelik met ons elkeen oor ons verhouding met daardie mense.Moet hulle nie oordeel nie, moenie hulle veroordeel nie, maar vergewe hulle. Dit hou gevolge in vir ons almal; nie net in terme van ons verhouding met daardie mense nie, nie net in terme van ons eie welstand nie, maar in terme van hoe God óns sal behandel. Leer om te vergewe.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 30, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 6:37 Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. (NLV). Hoe reageer jy op mense wat die verkeerde dinge doen? Hoe hanteer jy diegene wat jou seermaak; diegene wat nie van jou hou nie; diegene wat jou op een of ander manier verkleineer? Sê my, hoe reageer jy? Hoe reageer ons gewoonlik? Ons wil hulle straf. Klink dit ‘n bietjie k...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Straf Wat Jy Uitdeel

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 30, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!