Die Stres van Wanorde episode artwork

EPISODE · Oct 30, 2025 · 2 MIN

Die Stres van Wanorde

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 14:33,40 God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede. Soos in al die Christelike gemeentes …Alles moet egter gepas en ordelik geskied. Dit lyk asof mense in ons wêreld óf georganiseerd óf ongeorganiseerd; netjies óf deurmekaar is. En aangesien teenoorgesteldes mekaar aantrek, lyk dit amper onvermydelik dat huweliksmaats dikwels aan teenoorgestelde kante van daardie spektrum is. Dis genoeg om enigiemand mal te maak!My Germaanse opvoeding en tien jaar in die weermag het saamgewerk om my ultra-georganiseerd en ultra-netjies te maak. So jy kan jou voorstel hoe ontsteld ek was toe ek sien dat 'n kollega van my honderde e-posse in sy inkassie gehad het.Waarom het hy hulle nie in logiese, maklik toeganklike vouers georganiseer nie? Wel, al is hy in ander aspekte van sy lewe georganiseerd, is hy nie besonder tegnologie-georiënteerd nie, so dit het nie by hom opgekom nie. En – hier is die probleem – dit het hom baie stres veroorsaak wanneer hy na iets, wat hy geweet het dáár was, maar dit nie kon vind nie, gesoek het. Dis ongelukkig die gevolg. Om nie georganiseerd te wees nie, is stresvol. En wie het nie minder stres in hul lewens nodig nie?1 Korintiërs 14: 33 en 40 God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede. Soos in al die Christelike gemeentes …Alles moet egter gepas en ordelik geskied.Hierdie gedeelte het Paulus aan die Korintiërs geskryf in die konteks om orde te hê in die bestuur van hul gemeentes. Maar die beginsel bly staan.God is nie 'n God van verwarring en wanorde nie, maar 'n God van vrede ... doen alles op die regte en op ‘n ordelike manier.Of dit nou die boonste laai van jou bedkassie is; jou sleutels of jou beursie is; jou finansies of jou lewe is, doen jouself 'n guns. Verminder jou stres. Raak netjies en georganiseerd.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 30, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 14:33,40 God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede. Soos in al die Christelike gemeentes …Alles moet egter gepas en ordelik geskied. Dit lyk asof mense in ons wêreld óf georganiseerd óf ongeorganiseerd; netjies óf deurmekaar is. En aangesien teenoorgesteldes mekaar aantrek, lyk dit amper onvermydelik dat huweliksmaats dikwels aan teenoorgestelde kante van daardie spektrum is. Dis genoeg om enigiemand mal te maak! My Germaanse opvoeding e...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Stres van Wanorde

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 30, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!