Die Teenoorgestelde van Boosheid episode artwork

EPISODE · Aug 21, 2025 · 3 MIN

Die Teenoorgestelde van Boosheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 4:31-32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Die probleem met slegte gewoontes is dat dit so ongelooflik moeilik is om hulle af te skud. Ons weet hulle is verkeerd, maar dis asof hulle diep in ons siel gegraveer is. Of is dit net ek wat so sukkel daarmee?Dubbel-inskrywings-boekhouding is in 1494 deur die Italiaanse wiskundige Luca de Pacioli bekendgestel. Hy het bewys dat daar vir elke debiet in ‘n rekening 'n krediet aan die ander kant van die grootboek moet wees. Dis 'n stelsel wat die toets van die tyd deurstaan ​​het, en die grondslag vir moderne boekhouding deur deursigtigheid en noukeurigheid, gelê het.Vir elke debiet moet daar 'n krediet wees. Klink dit vir ons bekend as ons na die volgende gedeelte uit Efesiërs kyk?Efesiërs 4:31-32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.Ons het gister oor die eerste deel gesels, die "moenie-kwaad- doen-nie"-deel, dit klink mos altevol na die debietkant van die grootboek. Kom ons beweeg nou na die kredietkant van die grootboek. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar. Daar is 'n draaipunt wat ons van kwaad na goed swaai, van debiet na krediet. Die beginsel is min of meer soos volg:Moet jouself nie skuldig maak aan woede, wraak, bitterheid, geskel en gevloek nie, maar wees eerder vriendelik teenoor mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het. Met ander woorde, wanneer jy in die versoeking kom om kwaad te doen: Stop. Dink. Onthou om te vergewe net soos God in Christus jou vergewe het, en doen eerder goed. Wees eerder lief vir daardie persoon wat nie jou vergifnis verdien nie.Vervang die debiet met 'n krediet. En daar gee God se Heilige Gees jou die krag om die kwaad wat jy wou doen, te vervang met die goeie, wat Hy jou bemagtig het om te doen....moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar...Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 21, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 4:31-32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Die probleem met slegte gewoontes is dat dit so ongelooflik moeilik is om hulle af te skud. Ons weet hulle is verkeerd, maar dis asof hulle diep in ons siel gegraveer is. Of is dit net ek wat so sukkel daarmee? Dubbel-inskrywings-boek...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Teenoorgestelde van Boosheid

0:00 3:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 21, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!