Die Tyd Stap Aan episode artwork

EPISODE · Mar 9, 2025 · 2 MIN

Die Tyd Stap Aan

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 103:15-16 Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van 'n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg. Tyd staan nie stil nie. Dis ‘n feit wat ons nooit kan betwyfel nie. Ja, my vriend, eendag sal ons horlosie op hierdie aarde ophou tik. Permanent.Het jy opgelet hoeveel van die akteurs wat jy ‘n paar jaar gelede op die silwerdoek gesien het, regtig oud geword het? Jy onthou hulle soos hulle was; pragtig, jonk - gevries in tyd - maar dan sien jy hulle soos hulle vandag lyk en dit ontstel jou. Want skielik moet jy vir jouself erken dat dieselfde ding besig is om met jou en met my te gebeur.Ek kyk na my drie volwasse kinders, wat hul eie kinders grootmaak, hard werk, alles doen wat jong ouers doen … en ek is redelik seker hulle voel nie dieselfde oor die verloop van tyd as ek, met my gryskop nie.Hulle is ook besig. Maar vir my voel dit glad nie so lank gelede nie, ag, eintlik sommer soos gister, toe ek in hul skoene was. Tyd verloop so vinnig … en die mens se lewe is soos ‘n oogwink verby:Psalm 103:15-16 Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van 'n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg.My vriend, ek wil jou uit die diepte van my hart aanmoedig om jou lewe te laat tel. Gee liefde met vrygewigheid, met ‘n opregte gesindheid van liefde. Dien met oorgawe. Eer God met alles wat jy het en alles wat jy is. Laat elke oomblik tel. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 9, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 103:15-16 Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van 'n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg. Tyd staan nie stil nie. Dis ‘n feit wat ons nooit kan betwyfel nie. Ja, my vriend, eendag sal ons horlosie op hierdie aarde ophou tik. Permanent. Het jy opgelet hoeveel van die akteurs wat jy ‘n paar jaar gelede op die silwerdoek gesien het, regtig oud geword het? Jy onthou hulle soos hulle was; pragti...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Tyd Stap Aan

0:00 2:31

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 9, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!