Die Uiteindelike Doel van God se Liefde episode artwork

EPISODE · Oct 12, 2024 · 3 MIN

Die Uiteindelike Doel van God se Liefde

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Johannes 4:10-12 Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. Is jy gewillig om gou te dink aan die befoeterdste, moeilikste persoon in jou lewe? Sien sy gesig in jou gedagtes. Goed. Dink nou aan die laaste kontak wat jy met die persoon gehad het. Hoe laat dit jou voel om aan die persoon te dink?Ek het jou aan hierdie moeilike persoon laat dink om te wys dat dit nie maklik is om onvolmaakte mense lief te hê nie. Ja, my maat, dis selfs van toepassing in 'n huwelik. In hierdie mees intieme en die belangrikste van alle menslike verhoudings, werk die man en vrou, in hul onvolmaaktheid, van tyd tot tyd op mekaar se senuwees, nie waar nie?Maar al is dit moeilik om lief te hê, weet ons dat liefde ongelooflik belangrik is. Ons het almal ‘n diep behoefte aan liefde – ja, ons wíl en móét bemin of aanvaar word. Maar hoekom is dit so? Wat is die doel van liefde; wat is die uiteindelike doel van liefde? Wat is God se doel met die onvolmaakte mensdom? 1 Johannes 4:10-12 Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.Ons weet dat God sy liefde vir ons in die eerste instansie gee sodat ons daardeur vergewe kan word en in ‘n verhouding met Hom kan leef, sodat ons kan weet hoe lief Hy ons het. Maar het jy sy tweede doelwit raakgesien? Ja, dis reg, dit sluit jou medemens in:as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereikWees lief vir God. En wees lief vir mekaar.Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 12, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Johannes 4:10-12 Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. Is jy gewillig om gou te dink aan die befoeterdste, moeilikste persoon in jo...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Uiteindelike Doel van God se Liefde

0:00 3:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 12, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!