Die Vaste Rots Wat Nie Wankel Nie episode artwork

EPISODE · Jul 22, 2026 · 2 MIN

Die Vaste Rots Wat Nie Wankel Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 26:4 Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug. Daar is ’n baie goeie rede waarom ‘n bergklimmer rotshake in die rots inslaan. Dis nie vir die klim self nie. Dis vir wanneer dinge skeefloop - die onverwagte wind, wanneer hy gly, wanneer hy skielik val. Wanneer alles padgee, het hy ‘n anker nodig wat hom sal red.In 1940 het ingenieurs begin om die Tacoma Narrows-brug in die staat Washington te bou. Dit het sterk gelyk. Dit was amper ’n kilometer lank en almal het die vaartbelynde ontwerp geprys. Maar hulle het nie die krag van die wind in berekening gebring nie. Net vier maande nadat dit geopen het, het dit meegegee en op ’n skouspelagtige manier inmekaargestort. Waarom? Omdat die fondasies nie sterk genoeg was om die hele ding aanmekaar te hou nie.Ek wonder, hoe dikwels jy al daardie selfde fout gemaak het? Jy het ’n blink plan, jy jaag halsoorkop daarin omdat dit vir jou goed lyk; net om weer eens uit te vind dat jy die krag van die wind, wat beslis gaan waai, onderskat het.Daar is ’n alternatief.Jesaja 26:4: Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug.Dit is maklik om op God te vertrou wanneer dit goed gaan. Maar hierdie vers is nie net van toepassing op die maklike tye nie. Dis ook vir wanneer die wind opsteek - wanneer dít, wat jy gedink het stabiel is, begin buig en kraak.Vertrou altyd op die Here, want die Here is die Rots. Nie ’n teorie nie. Nie ’n gevoel nie. Nie ’n Sondagskool-sêding nie. Jou Rots - onwankelbaar, onbeweeglik, vir ewig. Jy hoef nie sterk te wees nie. Jy hoef nie te weet hoe dit gaan eindig nie. Jy moet net geankerd wees.Slaan dus jou pen diep in en sê: Dit maak nie saak wat skud nie - ek sal nie wankel nie. Want my Rots sal nooit wankel nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 22, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 26:4 Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug. Daar is ’n baie goeie rede waarom ‘n bergklimmer rotshake in die rots inslaan. Dis nie vir die klim self nie. Dis vir wanneer dinge skeefloop - die onverwagte wind, wanneer hy gly, wanneer hy skielik val. Wanneer alles padgee, het hy ‘n anker nodig wat hom sal red. In 1940 het ingenieurs begin om die Tacoma Narrows-brug in die staat Washington te bou. Dit het sterk gelyk. Dit was amper ’n ki...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Vaste Rots Wat Nie Wankel Nie

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 22, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!