Die Vier Wyse Apies episode artwork

EPISODE · Oct 25, 2025 · 2 MIN

Die Vier Wyse Apies

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJakobus 1:19 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie. (NLV) Jy het ongetwyfeld al die storie van die drie wyse apies teëgekom – Hoor Geen Kwaad (met sy hande oor sy ore), Sien Geen Kwaad (met sy hande oor sy oë) en Spreek Geen Kwaad (met sy hande oor sy mond). Maar onlangs het ek 'n prentjie met 'n vierde aap gesien, wat my aandag getrek het. 'n Vierde aap, regtig? Wat het hy gedoen? Hy het na sy slimfoon gekyk en onder die prentjie was die woorde – die vierde aap is die som van die eerste drie. Dra dan vrugte wat by die bekering pas. Is dit nie die reine waarheid nie? Wanneer iemand op sy slimfoon is hoor hy niks, sien hy niks, en sê hy niks nie!  Daar is heelwat navorsing gedoen oor slimfone en ja, dit is absoluut waar dat hulle verslawend is en dat hierdie verslawing korreleer met verhoogde vlakke van depressie en angs, sowel as swak slaap, wat die algehele gesondheid verder beïnvloed. Maar weet jy, wat nog erger is, is die bewyse dat slimfoongebruik na-uurs die werk-gesins-balans ontwrig en verhoogde vlakke van gesinskonflik veroorsaak. Natuurlik het ons nie navorsing nodig om dit vir ons te vertel nie. Om 'n hele gesin by 'n restaurant te sien, met pa, ma en die kinders almal op hul slimfone, maak dit oorverdowend duidelik, nè? Dit lyk asof ons almal so gefikseer is op ons fone dat ons opgehou het om na mekaar te luister. Jakobus 1:19 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie. (NLV) Nouja, die tegnologie is beide 'n seën en 'n vloek. Die sleutel is om te verstaan wat die seën en wat die vloek is. Hoe jy dit ook al hanteer, wanneer dit by jou geliefdes kom: Wees gou om te luister. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 25, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jakobus 1:19 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie. (NLV) Jy het ongetwyfeld al die storie van die drie wyse apies teëgekom – Hoor Geen Kwaad (met sy hande oor sy ore), Sien Geen Kwaad (met sy hande oor sy oë) en Spreek Geen Kwaad (met sy hande oor sy mond). Maar onlangs het ek 'n prentjie met 'n vierde aap gesien, wat my aandag getre...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Vier Wyse Apies

0:00 2:45

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 25, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!