Die volle verhaal episode artwork

EPISODE · Nov 19, 2024 · 2 MIN

Die volle verhaal

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 118:5,6 In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen? Ons is voortdurend in ‘n stryd gewikkel. En wanneer ons in die middel van ‘n konfliksituasie is, dink ons ons moet ten alle koste wen. Die meeste van die kere is dit nie so belangrik nie, maar in die hitte van die stryd, voel dit lewensbelangrik.Waaroor wroeg jy op die oomblik? ’n Verhoudingskrisis, ’n finansiële stryd; 'n gesondheidskrisis of selfs iets in jou hart wat jou uitmekaar skeur? Ek is oortuig daarvan dat jy dink dat dit absoluut noodsaaklik is dat jy as ‘n wenner anderkant uitkom.Ek het onlangs 'n bejaarde man met terminale kanker in die hospitaal besoek - 'n man met 'n diep geloof in God. Hy het vir my gesê: “Ek het soveel lewe in my oor. Dit kan tog nie nou al my tyd wees om te sterf nie.”Psalm 118:5,6 In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?Ja, my vriend, wanneer ons in die moeilikheid is, is dít die tyd wat ons na God moet roep om hulp. Op sy eie manier, op sy eie tyd, antwoord Hy altyd wanneer sy kinders roep. Maar die lewe gaan nie oor die oorwinning oor tydelike konflik en krisisse nie; dit is probleme wat per slot van sake, op die ou end, geen saak maak nie.Want eendag, sal nie een van ons ‘lewensbelangrike krisisse’ vir jou of vir my, saakmaak nie. Eendag, sal die vraag of jy jou lewe geleef het deur Jesus te vertrou, die enigste ding wees wat saakmaak.Wat jy ook al in die gesig staar, al is dit lewe en dood, veral dan, weet verseker: God is met jou, so moenie bang wees nie. Niemand op aarde kan jou beroof van wat Hy vir jou bied nie. Dit is die volle verhaal.En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 19, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 118:5,6 In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen? Ons is voortdurend in ‘n stryd gewikkel. En wanneer ons in die middel van ‘n konfliksituasie is, dink ons ons moet ten alle koste wen. Die meeste van die kere is dit nie so belangrik nie, maar in die hitte van die stryd, voel dit lewensbelangrik. Waaroor wroeg jy op die oomblik? ’n Verhoudingskrisis, ’n fi...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die volle verhaal

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 19, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!