Die Vreugde Koninkryk episode artwork

EPISODE · Jul 2, 2026 · 3 MIN

Die Vreugde Koninkryk

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. Watter dinge in jou lewe is vir jou die belangrikste: jou ervarings, jou besittings of jou status? Maak hulle jou werklik gelukkig? Is hierdie dinge wat jy gehoop het dit sou wees ... of nie?Franciscus van Assisi is in ‘n adellike gesin gebore. Hy was gewoond aan baie geld, luukshede, fyn klere, bankette en hoë status. Hy is tydens ‘n veldslag gevange geneem en vir meer as ‘n jaar as gyselaar in ‘n ondergrondse tronk aangehou. Hier het God in ‘n visioen aan hom verskyn en hy het die betekenis van luuksheid en voorreg begin bevraagteken. Hy het radikaal tot bekering gekom, sy lewe aan die Here gewy en ‘n monnik geword.Hy het in eensaamheid na die behoeftiges en melaatses – die mense wat hy vroeër sou verag het - omgesien. Hy het sy erfenis verwerp en eerder 'n lewe van radikale armoede, prediking en dienswerk gekies.Ja, dit is die waarheid... Hoe groot ons behoefte na rykdom, gemak en invloed ook al is ... ons weet diep binne-in dat dit nie saak maak hoe aanloklik geld en gemak lyk nie, dit sal nooit die diepste verlange van ons siel kan bevredig nie. Die apostel Paulus skryf hierdie woorde aan die kerk in Rome nadat daar ‘n stryery in die vroeë kerk ontstaan het.Romeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.Dit gaan nie oor die dinge van hierdie wêreld nie. Al wat hulle doen, is om ons te mislei en ons vreugde en vrede te steel.Franciscus het die vlietende plesier van hierdie wêreld verruil vir die dieper werklikheid van God se koninkryk – die geregtigheid, die vrede en die blydskap wat die Heilige Gees bring.God se koninkryk - sy heerskappy in ons lewens - is nie dié van 'n despotiese diktator wanneer ons onsself gewillig aan Hom oorgee nie. Nee, die koninkryk van God is 'n koninkryk van vreugde.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 2, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. Watter dinge in jou lewe is vir jou die belangrikste: jou ervarings, jou besittings of jou status? Maak hulle jou werklik gelukkig? Is hierdie dinge wat jy gehoop het dit sou wees ... of nie? Franciscus van Assisi is in ‘n adellike gesin gebore. Hy was gewoond aan baie geld, luukshede, fyn klere, bankette en hoë status...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Vreugde Koninkryk

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 2, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!