Die Vriendelikste Persoon in die Vertrek episode artwork

EPISODE · Apr 29, 2024 · 2 MIN

Die Vriendelikste Persoon in die Vertrek

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 6:35,36 “Nee, julle moet ook julle vyande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.” (NLV) Mense verskil hemelsbreed van mekaar. Mense is uniek. Jy kan dalk op een vlak hoogs begaafd wees, terwyl die volgende persoon op 'n ander terrein hoogs begaafd is. Dit is hoe dit veronderstel is om te wees.Die fout wat ons egter maak, is wanneer ons dink dat (a) almal op ‘n spesifieke terrein net so goed soos ons moet wees en (b) dat hulle dom is, as hulle nie is nie.Klink dit nie 'n bietjie genadeloos nie? Glad nie. Ons doen dit die hele tyd. Hoe dikwels het jy al gevind dat jy sê: "Ek verstaan net nie hoekom daardie persoon nie ..." Wat jy eintlik sê, is: “Hoekom sien hulle dinge nie soos ek dit sien nie? Hoekom is hulle nie goed op my terrein nie?”Ek het die eerste gedeelte van my lewe neergesien op mense met 'n laer IK as myne.  Ek het hulle verkleineer en hulle minderwaardig laat voel.  Ek het nie eers die moontlikheid oorweeg dat baie van hulle ‘n talent gehad het, wat ek nie het nie; iets baie meer waardevol, iets baie belangriker - Emosionele Intelligensie; of  sagmoedigheid, 'n vriendelikheid wat ek nog nooit gehad het nie; of die vermoë om die foute van hul vyande oor die hoof te sien en om goed te wees vir mense wat vir hulle sleg behandel.Lukas 6:35,36“Nee, julle moet ook julle vyande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.” (NLV)Ja, my vriend, die vriendelikste persoon in die vertrek is dikwels die wysste persoon. Wees lief vir jou vyande.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 29, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 6:35,36 “Nee, julle moet ook julle vyande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.” (NLV) Mense verskil hemelsbreed van mekaar. Mense is uniek. Jy kan dalk op een vlak...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Vriendelikste Persoon in die Vertrek

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 29, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!