Die Vryheid Paradoks episode artwork

EPISODE · Dec 4, 2023 · 2 MIN

Die Vryheid Paradoks

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Vryheid is iets waarna ons almal smag. Vryheid van dié dinge wat ons moedeloos maak; ons laste, ons verantwoordelikhede; en wat van moeilike verhoudings! Ja-nee, ons wil vry wees daarvan. En dit is glad nie snaaks nie. Ons wil vrygemaak word van daardie bagasie, sodat ons kan aangaan en die lewe geniet.Vir iemand wat nog nooit genoeg besit het om kop bo water te hou nie, sou dit darem wonderlik wees om uiteindelik genoeg te kan hê. Vir iemand wat al jare lank in 'n moeilike huwelik is, sal dit mos bevrydend wees om te kan aanbeweeg.Ja, ek weet: God het ons geroep om vry te wees – maar die soort vryheid waarvan Hy praat, is dalk nie die soort waaraan ons gedink het nie.Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.Die vryheid waarvan God hier praat, is vryheid van bose begeertes; vryheid van sonde; vryheid van die gevolge van al ons oortredings. En, om die waarheid te sê, ons hunkering na al daardie ander vryhede waarvan ons vroeër gepraat het, kan ons daartoe lei om die verkeerde dinge te doen – om oneerlik op te tree; om daardie moeilike huweliksmaat te verlaat, om … wel, om baie dinge te doen.Wanneer jy jou vertroue in Jesus plaas, is jy bevry van die laste van jou eie sonde. Dít is ware vryheid. Dié soort wat jou te midde van, en ten spyte van al die moeilikhede wat jou wil oorweldig, vrymaak …Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 4, 2023

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Vryheid is iets waarna ons almal smag. Vryheid van dié dinge wat ons moedeloos maak; ons laste, ons verantwoordelikhede; en wat van moeilike verhoudings! Ja-nee, ons wil vry wees daarvan. En dit is glad nie snaaks nie. Ons wil vrygemaak word van daardie bagasie, sodat ons kan aangaan en die lewe geniet. Vir ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Vryheid Paradoks

0:00 2:34

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 4, 2023.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!