Die Waarde van Jou Siel episode artwork

EPISODE · May 4, 2026 · 2 MIN

Die Waarde van Jou Siel

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 10:10-11 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Het jy al ooit minderwaardig gevoel wanneer jy rondkyk na die uitstaande prestasies wat ander mense bereik het en dit vergelyk met jou eie ellendige, niksseggende bestaan? Miskien is dit 'n bietjie kras, maar is dit nie hoe ons onsself soms beskou nie? Kom ons kyk na voëlmis. Jy dink seker ek is nou die kluts kwyt? Toemaar, ek dink jy sal met my saamstem dat niks op aarde meer nutteloos as voëlmis kan wees nie. Maar in die 19de eeu het hulle ontdek dat dit ryk aan stikstof is. Hierdie guano het witgoud geword; dis wêreldwyd in die landbou as wonderkunsmis gebruik. Kan jy dit glo: Hierdie voëlmis het selfs tot oorloë gelei. Die VSA het Peru se guano-ryke gebiede met die Guano-eilandewet vir die Amerikaners opgeëis. Spanje het die Chincha-eilande in Peru oorgeneem, wat tot 'n oorlog gelei het.'n Dekade later het Chili, Peru en Bolivia in die Oorlog van die Stille Oseaan gebots. Dit was weer eens oor die guano-gebied. Kan jy dit glo! Dit was nie oor olie of goud nie, maar oor voëlmis - die mees onwaarskynlike hulpbron, wat sakke vol geld gemaak het, konflik aangevuur het en die wêreld se oeste bemes het.Daar woed vandag 'n selfs groter stryd oor iets, wat jy dalk as waardeloos en niksseggend wil beskou. Johannes 10:10-11 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.Maar kyk wat Charles Spurgeon gesê het: “Dink na oor hoe kosbaar jou siel moet wees vir Satan om dit onvermoeid te jag, en vir die Koning van die konings om sy eie lewe daarvoor af te lê.” Waardeloos? Nooit as te nimmer nie!Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 4, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 10:10-11 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Het jy al ooit minderwaardig gevoel wanneer jy rondkyk na die uitstaande prestasies wat ander mense bereik het en dit vergelyk met jou eie ellendige, niksseggende bestaan? Miskien is dit 'n bietjie kras, maar is dit nie hoe ons onsself soms beskou nie? Kom ons kyk na voëlmis....

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Waarde van Jou Siel

0:00 2:51

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 4, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!