Die Wat Ons Vooruit Is episode artwork

EPISODE · Apr 5, 2024 · 2 MIN

Die Wat Ons Vooruit Is

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. In hierdie vinnige, tegnologie-gedrewe wêreld waar jy jou aandete op jou foon kan bestel om dit binne 'n halfuur by jou deur te laat aflewer, lyk dit of mense selde tyd neem om oor hul verlede te besin. Die goeie dinge, die dinge wat hulle gevorm het. . .Vandag word “Graf-Skoonmaak-Dag” in die Chinese kultuur gevier. Dit klink vir ons 'n bietjie vreemd. Maar tradisioneel herdenk die mense die lewens van hul ouers en grootouers wat reeds oorlede is, deur saam met familie na die begraafplaas te gaan en hul grafte te versorg en skoon te maak. Dit is 'n tradisie waarin diegene wat oorbly, herinner word daaraan om nie die bron van hul goeie lewe en seëninge te vergeet nie.Ek wonder hoe gereeld jy aan jou voorgeslagte dink; hulle wat die weg vir jou gebaan het en wat bygedra het om jou die persoon wat jy vandag is, te maak. Natuurlik was nie al hul insette goed nie, maar sonder twyfel was daar tog baie betekenisvolles. Kyk wat skryf die apostel Paulus aan Timoteus in:2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas.Timoteus se ouma Lois en sy ma Eunice het 'n groot invloed op die jong man se geloof gehad. Moenie diegene wat voor jou gegaan het, vergeet nie. Onthou wat hulle opgeoffer het sodat jy kan wees, wie jy vandag is. Eer hulle in jou hart.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 5, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. In hierdie vinnige, tegnologie-gedrewe wêreld waar jy jou aandete op jou foon kan bestel om dit binne 'n halfuur by jou deur te laat aflewer, lyk dit of mense...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Wat Ons Vooruit Is

0:00 2:45

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 5, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!