Die Weg Na Vreugde episode artwork

EPISODE · May 16, 2026 · 3 MIN

Die Weg Na Vreugde

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 5:3 Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Dis maklik om te dink dat ons vreugde, ons vervulling en ons tevredenheid, in sukses, in erkenning en in gemak lê. En jy kan maar vir jouself probeer oortuig dat jy gelukkig sal wees, wanneer jy suksesvol en belangrik is; maar dit werk nie so nie.William Randolph Hearst, ‘n Amerikaanse koerantmagnaat, het 'n massiewe media-ryk gebou en in weelde op sy uitgestrekte landgoed, Hearst Castle, gewoon. Hy het presidente beïnvloed, mense se opinies gevorm en soos ‘n koninklike geleef.Hearst het geglo dat hy die reg op mense se bewondering het. Hy wou hulle beheer en manipuleer, maar dit het hom sy vreugde gekos. Hy was so behep met sy nalatenskap en openbare beeld, dat hy koerantopskrifte gemanipuleer het, mededingers verpletter het, en talle skandalige verhoudings gehad het. In latere jare, tydens die Groot Depressie, het sy ryk verkrummel en sy destydse welgestelde en bekende vriende het hom as ‘n angstige en eensame man in die steek gelaat. Ten spyte van al Hearst se uiterlike sukses, het sy vreugde deur trots en gierigheid tot niet gegaan. Ja, kom ons wees eerlik, dis nogal hoe hierdie dinge eindig, nè! Jesus het in die bekende Bergpredikasie die volgende gesê:Matteus 5:3 Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.Dis reg, die geheim is om te weet hoe afhanklik jy van God is en hoe om in nederigheid na Hom toe te kom - nie met selfgeregtigheid nie. Here, ek is geestelik bankrot. Ek kan myself nie red nie. Ek het u genade nodig.Volgens Jesus is so 'n nederige persoon geseënd, want daardie seën begin waar ons selfgeregtigheid eindig. Of soos iemand eenkeer gesê het, vreugde sterf in die gees van selfgeregtigheid, maar floreer in 'n houding van oorgawe.My vriend, hoe langer ons na die dinge van hierdie wêreld streef; hoe sterker ons deur ons gevoel van selfgeregtigheid vasgegryp word, hoe meer sal vreugde ons ontwyk, want oorgawe is die pad na vreugde.Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 16, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 5:3 Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Dis maklik om te dink dat ons vreugde, ons vervulling en ons tevredenheid, in sukses, in erkenning en in gemak lê. En jy kan maar vir jouself probeer oortuig dat jy gelukkig sal wees, wanneer jy suksesvol en belangrik is; maar dit werk nie so nie. William Randolph Hearst, ‘n Amerikaanse koerantmagnaat, het 'n massiewe media-ryk gebou en in weelde op sy...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Weg Na Vreugde

0:00 3:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 16, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!