Die Wêreld het Genoeg Kritici episode artwork

EPISODE · May 25, 2024 · 2 MIN

Die Wêreld het Genoeg Kritici

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV) Kritiek en konflik is deesdae hoogmode in die normale domein. Dit kom oral voor: in die politiek, in die ideologie, die sosiale sfeer en ook in die geloofslewe. Dit voel asof mense daarop uit is om alles en almal te kritiseer.En dit is nie net in die publieke domein wat dit aangaan nie -  alhoewel ons moet erken dat die sosiale media dit deesdae baie makliker gemaak het - dit is ook op die interpersoonlike vlak. Ons het almal op die een of ander manier ook ons eie ou eiertjie om te lê. En my aarde, daar is werklik ‘n horde kritici daar buite!Voordat jy die vinger na ander wys, vra jouself nou af, hoeveel negatiewe kritiek het jy die afgelope 24 uur uitgespreek? Dit was dalk nie voor die persoon self nie; maar het jy in privaatheid sommige van die mense by die werk gekritiseer? Wat van 'n familielid, of die politici wat jou land bestuur? Dit kan 'n bietjie skrikwekkend wees as jy so 'n selfondersoek doen.Nouja, terwyl jy daardie vrae in jou gedagtes evalueer, kom ons kyk wat God, in hierdie kritiese wêreld, te sê het:Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)Stel jou voor as ek en jy, te midde van al die kritiek wat na mense geslinger word, verkies om anders te wees; verkies om vriendelik te wees; verkies om eerder aan te moedig as om te kritiseer; kies om ander op te bou en om hulle met ons woorde te seën. Hoe anders sal die wêreld nie wees nie?Jy kan, in 'n wêreld wat reeds meer as genoeg kritici het, eerder kies om ander mense aan te moedig. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 25, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV) Kritiek en konflik is deesdae hoogmode in die normale domein. Dit kom oral voor: in die politiek, in die ideologie, die sosiale sfeer en ook in die geloofslewe. Dit voel asof mense daarop uit is om alles en almal te kritiseer. En dit is nie net in die publieke domein wat dit aangaan nie - alhoewel ons moet erken dat ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Wêreld het Genoeg Kritici

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 25, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!