Die Wêreld se Grootste Ponzi Skema episode artwork

EPISODE · Apr 16, 2024 · 2 MIN

Die Wêreld se Grootste Ponzi Skema

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen. 'n Man met die naam van Bernie Madoff, 'n voormalige voorsitter van die Nasdaq-aandelebeurs, kan spog met die bedryf van die grootste Ponzi-skema in die geskiedenis van die mensdom. Hy het, kan jy glo; $64,8 miljard Amerikaanse dollars gesteel.'n Ponzi-skema is misleiding en bedrog op 'n massiewe skaal. ’n Beleggingshuis neem mense se geld en beloof hoë opbrengste. Maar in plaas daarvan om daardie geld te belê, steel hulle dit. Hulle is so slim, dat hulle gereelde opbrengste en selfs af en toe kapitaal uitbetalings aan bestaande beleggers gee; maar hulle gebruik slegs die fondse wat deur nuwe beleggers gedeponeer word. Dit is 'n kaartehuis wat uiteindelik moet ineenstort, want die beleggers se oorspronklike kapitaal is weg.Maar weet jy dat daar vandag baie groter misleiding is, as wat ons kan besef? Misleiding so groot, dat dit miljarde mense nie net hul beleggings gekos het nie, maar hul lewens, vir alle ewigheid.Jesus het met 'n paar slegte mense gepraat en die volgende gesê:Johannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.Die leuen wat die duiwel die hele tyd vertel, is dat die lewe wonderlik is. Dis baie eenvoudig: Eet, drink en wees vrolik. Daar sal geen boek van jou ongeregtigheid gehou word nie. En al is daar so hier en daar so ‘n ietsie oneerlik in jou lewe, is dit tog nie groot sonde nie, want jy is tog nie ‘n slegte mens nie! Daardie kaartehuis gaan eendag vir elkeen van ons wanneer ons voor ons Skepper staan in duie stort. Moenie die duiwel glo nie. Hy is die vader van leuens. Glo Jesus.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 16, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen. 'n Man met die naam van Bernie Madoff, 'n voormalige voorsitter van die Nasdaq-aandelebeurs, kan spog met die bedryf...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Wêreld se Grootste Ponzi Skema

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 16, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!