Die Werklikheid Is Hier! episode artwork

EPISODE · Dec 28, 2025 · 2 MIN

Die Werklikheid Is Hier!

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom, Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Noudat Kersfees verby is, begin die werklikheid, dat nog 'n jaar so te sê verbygesluip het, ons oorweldig. Nog 'n jaar, kan dit wees? Dit is eintlik net datums op 'n kalender, maar dit laat ‘n mens allerhande gedagtes kry, nie waar nie?Soms bring die nuwe jaar verandering mee, ander kere lyk dit asof dit net op die gewone spoor sal voortstoom. Soms sien ons uit na verandering, ander kere verafsku ons die idee. En al het ons ook in die verlede gedink dat niks gaan verander nie, hét daar toe groot omwentelings plaasgevind. Dit is dus so effens riskant en 'n bietjie verwarrend om oor die jaar wat voorlê te besin, want ons was in die verlede al so verkeerd...Teen die einde van die sewentig jaar van ballingskap in Babilon was die Israeliete in 'n verskriklike groef; hulle was ‘n hele geslag van slawe, wat niks anders geken het nie. Hulle het maar net van dag tot dag, sonder om vir hulself te dink, soos skape voortgeploeter – hulle was eintlik op die ou end heel gemaklik! Toe kom sê God vir hulle deur Jesaja sy profeet:Jesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom, Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.'n Nuwe ding? Watter nuwe ding? Dit kan gevaarlik wees. Wat beteken dit vir my? Dit was die onwillekeurige reaksie van die Israeliete. Verandering, selfs verbetering, kan skrikwekkend, ontstellend en ontwrigtend wees.Kyk, ek en jy het geen idee wat hierdie volgende jaar sal oplewer nie. Maar soos hier, waar God sy volk na die Beloofde Land teruggebring het; bring God dikwels wonderwerke deur seisoene van omwentelinge – nie ten spyte daarvan nie.Verandering mag jou dalk benoud laat voel; ja, ons weet, jy voel asof jy nie kan asem kry nie; maar dit kan dikwels presies die plek wees waar God ‘n wonderlike nuwe begin vir jou beplan.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 28, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom, Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Noudat Kersfees verby is, begin die werklikheid, dat nog 'n jaar so te sê verbygesluip het, ons oorweldig. Nog 'n jaar, kan dit wees? Dit is eintlik net datums op 'n kalender, maar dit laat ‘n mens allerhande gedagtes kry, nie waar nie? Soms bring die nuwe jaar verandering mee, ander kere l...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Werklikheid Is Hier!

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 28, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!