Dink baie Deeglik oor Jou Toekoms episode artwork

EPISODE · Dec 31, 2025 · 3 MIN

Dink baie Deeglik oor Jou Toekoms

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 4:26-27 Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is. (NLV) Wel, hier is ons, op die drumpel van nog 'n nuwe jaar. Die oue is so te sê iets van die verlede en gereed om in die anale opgeteken te word. Die nuwe jaar is op die punt om te begin. Laat my dus toe, om vir jou 'n belangrike vraag te vra: Watter pad beplan jy om in hierdie nuwe jaar te loop? Die eerbare pad of die minder eerbare pad?In 44 v.C. het Marcus Junius Brutus met ‘n dolk in die hand in die skadukant van die Romeinse Senaatsgebou gestaan. Julius Caesar, sy mentor en vriend, het onwetend in die lokval wat vir hom gestel is, geloop. Brutus het geglo dat hy, deur Caesar te vermoor, besig is om die Republiek te red. Maar deur verraad bo dialoog te kies; moord bo genade, het hy chaos ontketen.Rome het nie na vryheid teruggekeer nie; in plaas daarvan het dit in 'n wreedaardige ryk ontaard. Burgeroorlog het gevolg. Brutus het aan sy eie hand gesterf en hy word in die geskiedenisboeke nie as 'n held geëer nie, maar as 'n simbool van verraad. Hy het die verkeerde pad gekies.Watter pad gaan jy vanjaar kies? Sal jy die pad kies wat eerbaar is en ander mense nie sal benadeel nie, of sal jy ‘n onetiese pad kies? Hier is God se liefdevolle raad aan jou, vir die jaar wat voorlê in:Spreuke 4:26-27 Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is. (NLV)Dit is alte maklik om soos Brutus onsself te bluf en ons slegte keuses toe te smeer deur onsself te oortuig dat ons die regte ding doen. Maar sodra die streep in die sand getrek is, is daar geen omdraaikans nie. Die alternatief is om vasberade te bly en met goedheid, integriteit en liefde te leef.Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is. (NLV)Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 31, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 4:26-27 Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is. (NLV) Wel, hier is ons, op die drumpel van nog 'n nuwe jaar. Die oue is so te sê iets van die verlede en gereed om in die anale opgeteken te word. Die nuwe jaar is op die punt om te begin. Laat my dus toe, om vir jou 'n belangrike vraag te vra: Watter pad beplan jy om in hierdie nuwe jaar te loop? Die eerbar...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Dink baie Deeglik oor Jou Toekoms

0:00 3:17

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 31, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!