Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn episode artwork

EPISODE · Aug 18, 2026 · 11 MIN

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

from Rosestad Godsdiens · host Radio Rosestad

1 KONINGS 19 Elia vlug vir Isebel 1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring as ek nie môre teen hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie.” 3Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug. Toe hy by Berseba in Juda kom, het hy sy slaaf daar agtergelaat. 4Hy self het egter 'n dagreis ver die woestyn in gegaan. Daar het hy onder 'n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.” 5Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!” 6Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. 7Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.” 8Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God. PSALMS 88 4Die swaarkry het vir my te veel geword: ek vat al aan die doderyk, PSALMS 42 6Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper 1 PETRUS 5 7Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 18, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

0:00 11:29

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Rosestad Godsdiens?

This episode is 11 minutes long.

When was this Rosestad Godsdiens episode published?

This episode was published on August 18, 2026.

Can I download this Rosestad Godsdiens episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!