PODCAST · religion
Rosestad Godsdiens
by Radio Rosestad
Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00
-
150
Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn
1 KONINGS 19 Elia vlug vir Isebel 1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring as ek nie môre teen hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie.” 3Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug. Toe hy by Berseba in Juda kom, het hy sy slaaf daar agtergelaat. 4Hy self het egter 'n dagreis ver die woestyn in gegaan. Daar het hy onder 'n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.” 5Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!” 6Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. 7Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.” 8Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God. PSALMS 88 4Die swaarkry het vir my te veel geword: ek vat al aan die doderyk, PSALMS 42 6Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper 1 PETRUS 5 7Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.
-
149
Sondagaand Eredienste - Ds Zak Scholtz
JOHANNES 20 Die leë graf (Matt. 28:1-8; Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12) 1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.” 3Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan. 4Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. 5Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lê, maar hy het nie ingegaan nie. 6Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê, 7ook die doek wat om Jesus se kop was. Dié doek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol. 8Daarna het die ander dissipel, wat eerste by die graf gekom het, ook ingegaan, en hy het dit ook gesien en geglo. 9Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie. 10Daarna het die dissipels weer huis toe gegaan.
-
148
Sondagoggend Eredienste - Ds Zak Scholtz
FILEMON 1 Paulus pleit vir Onesimus 8Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys, 9doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille van Christus Jesus. 10Ek doen 'n beroep op jou in belang van my kind Onesimus. Hier in die gevangenis het ek sy geestelike vader geword. 11Voorheen was hy vir jou nie bruikbaar nie, maar nou is hy baie bruikbaar sowel vir jou as vir my. 12Ek stuur hom na jou toe terug, en my hart gaan saam met hom. 13Wat my betref, ek sou hom graag by my wou hou, sodat hy my in jou plek kan dien terwyl ek ter wille van die evangelie 'n gevangene is. 14Maar ek wou niks sonder jou instemming doen nie, sodat jou weldaad nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse. 15Miskien was hy 'n kort tydjie van jou af weg juis sodat jy hom vir altyd sou terugkry, 16nou nie langer net as 'n slaaf nie, maar meer as 'n slaaf: as 'n geliefde broer. Dit is hy besonderlik vir my; hoeveel te meer sal hy dit dan nie vir jou wees nie, as mens en as broer in die Here. 17Dus, as jy my as deelgenoot in die geloof beskou, ontvang hom net soos jy my sou ontvang. 18As hy jou enige skade aangedoen het of iets skuld, sit dit op my rekening. 19Hier skryf ek, Paulus, met my eie hand: “Ek sal betaal.” Ek hoef jou natuurlik nie daaraan te herinner dat wat jy is, jy aan my te danke het nie. 20Ja, broer, in die Naam van die Here, bewys my hierdie guns. Maak my hart bly, soos 'n broer in Christus. 21Ek skryf aan jou in die vertroue dat jy sal doen wat ek vra. Ek weet ook dat jy selfs meer as dit sal doen.
-
147
Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz
1 KORINTIËRS 4 4Daar is ook niks waaroor my gewete my aankla nie, maar dit beteken nog nie dat ek vrygespreek is nie. Dit is die Here wat my beoordeel. 5Daarom moet julle nie te vroeg, voordat die Here kom, 'n oordeel uitspreek nie. Hy sal ook die dinge wat in duisternis verborge is, aan die lig bring en die bedoelings van die hart blootlê. Elkeen sal dan van God die lof ontvang wat hom toekom. 6In hierdie uiteensetting, broers, het ek myself en Apollos as voorbeelde gebruik om julle te leer wat die gesegde beteken: “Hou jou binne die perke wat God gestel het.” Dan sal niemand hom belangriker as 'n ander beskou oor sy leermeester nie. 7Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie? 8Julle het mos klaar alles wat julle begeer! Julle is al klaar ryk! Julle regeer al klaar soos konings! Ons nog nie. As julle tog maar werklik konings was, sodat ons saam met julle kon regeer. 9Dit lyk vir my God het aan ons, die apostels, die laaste plek in die ry gegee asof ons mense is wat tot die dood in die arena veroordeel is. Ons het 'n skouspel geword vir die wêreld, vir engele sowel as vir mense. 10Ons is dwaas ter wille van Christus, julle is verstandig in Christus; ons is swak, julle is sterk; julle geniet aansien, ons word verag.
-
146
Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz
2 KONINGS 5 Naäman word genees van melaatsheid 1Naäman, die hoof van die leër van die koning van Aram, was 'n gesiene man wat die agting van die koning geniet het. Deur hom het die Here 'n oorwinning aan Aram besorg. Die man was 'n dapper soldaat, maar hy het melaats geword. 2Op een van hulle strooptogte het die Arameërs 'n jong dogtertjie uit Israel ontvoer wat Naäman se vrou se bediende geword het. 3Sy het vir die vrou gesê: “Ag, as Meneer net by die profeet in Samaria kon uitkom, dan sal hy vir Meneer van sy melaatsheid gesond maak.” 4Naäman het by die koning gekom en hom meegedeel wat die dogtertjie uit Israel gesê het. 5“Gaan gerus,” het die koning van Aram gesê, “ek stuur jou met 'n brief na die koning van Israel toe.” Hy het vertrek en drie honderd twee en veertig kilogram silwer, ag en sestig kilogram goud en tien stelle klere met hom saamgevat. 6Hy het die brief na die koning van Israel toe gebring. Dit het só gelui: “Ek het my dienaar Naäman met hierdie brief na jou toe gestuur. Wanneer hy by jou uitkom, moet jy hom van sy melaatsheid gesond maak.”
-
145
Donderdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz
MARKUS 10 Gesprek oor egskeiding (Matt. 5:31-32; 19:1-9; Luk. 16:18) 1Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan na die gebied Judea toe vertrek, oorkant die Jordaan langs. Baie mense het weer na Hom toe gekom en, soos Hy gewoond was, het Hy hulle geleer. 2Daar het ook Fariseërs gekom, en om Hom op die proef te stel, het hulle Hom gevra: “Mag 'n man van sy vrou skei?” 3Hy het daarop vir hulle gevra: “Wat het Moses julle beveel?” 4“Moses het toegelaat dat iemand 'n skeibrief opstel en skei,” het hulle geantwoord. 5Toe sê Jesus vir hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat hy hierdie bepaling vir julle gemaak het. 6Maar van die begin af, van die skepping af, ‘het God hulle man en vrou gemaak.’ 7‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, 8en hulle twee sal een wees,’ sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. 9Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie.” 10In die huis het die dissipels Hom weer hieroor uitgevra. 11Hy sê toe vir hulle: “Elkeen wat van sy vrou skei en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk teen sy vrou. 12En as 'n vrou van haar man skei en met 'n ander een trou, pleeg sy egbreuk.”
-
144
Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz
RIGTERS 11 1Jefta was 'n seun van Gilead. Hy was 'n dapper soldaat. Sy ma was 'n prostituut, maar sy pa was Gilead. 2Gilead se vrou het ook vir hom seuns in die wêreld gebring, en toe hulle grootword, het hulle vir Jefta weggejaag en vir hom gesê: “Jy mag nie van ons pa erf nie, want jy is die kind van 'n ander vrou.” 3Toe vlug Jefta van sy broers af weg en gaan woon in Tob. 'n Klomp leeglêers het hulle by Jefta geskaar en saam met hom gegaan. 4'n Ruk daarna het die Ammoniete teen die Israeliete kom veg. 5Dit is toe dat die leiers van Gilead vir Jefta uit Tob gaan haal het. 6Hulle het vir hom gesê: “Kom word ons aanvoerder sodat ons teen die Ammoniete kan veg.” 7Jefta het vir die leiers van Gilead gesê: “Julle het my gehaat. Julle het my weggejaag uit my pa se huis uit. Waarom kom julle noudat julle in die moeilikheid is na my toe?”
-
143
Sondagaand Erediens - Past Franko van der Vlies
ROMEINE 12 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
-
142
Sondagoggend Erediens - Past Franko van der Vlies
HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. 3Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.
-
141
Saterdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies
1 KORINTIËRS 15 58Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.
-
140
Vrydag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies
2 KORINTIËRS 9 7Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. 8En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.
-
139
Donderdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies
MATTEUS 5 Die bergrede (Matt. 5 – 7) 1Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom, 2en Hy het hulle geleer en gesê: Die werklik gelukkiges (Luk. 6:20-23) 3“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 4Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. 5Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. 6Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word. 7Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. 8Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. 9Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 10Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 11“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”
-
138
Woensdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies
MATTEUS 25 Die profetiese rede: die gelykenis van die muntstukke (Luk. 19:11-27) 14“Verder gaan dit soos met 'n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou. 15Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir 'n ander twee, en vir 'n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan. 16“Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, het dadelik daarmee gaan werk en 'n wins gemaak van nog vyf. 17So ook die een wat twee gekry het: hy het 'n wins gemaak van nog twee. 18Maar die slaaf wat een gekry het, het 'n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek. 19“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra. 20Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, kom toe en bring die ander vyf saam, en sê: ‘Meneer, vyf goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met vyf ander wat ek wins gemaak het.’ 21Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ 22“Toe kom die een met die twee goue muntstukke en sê: ‘Meneer, twee goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met twee ander wat ek wins gemaak het.’ 23Sy eienaar sê toe vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ 24“Toe kom die een wat een goue muntstuk ontvang het, en sê: ‘Meneer, ek ken u en weet dat u 'n harde man is, wat oes waar u nie gesaai het nie, en pluk waar u nie geplant het nie. 25Omdat ek bang was, het ek u muntstuk in die grond gaan begrawe. Hier het u u geld terug.’ 26Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Jy is 'n slegte en 'n lui slaaf! Jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie, en pluk waar ek nie geplant het nie. 27Dan moes jy my geld in die bank gesit het, en ek sou dit by my koms met rente teruggekry het. 28Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien het. 29Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. 30En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.’ ”
-
137
Dinsdag Oggendiens - Past Franko van der Vlies
DEUTERONOMIUM 6 Jy moet die Here jou God liefhê 1“Dit is die wet, die voorskrifte en die bepalings, wat die Here julle God my beveel het om vir julle te leer, sodat julle daarvolgens kan lewe in die land wat julle in besit gaan neem. 2“So sal jy die Here jou God jou lewe lank kan dien en gehoorsaam wees aan sy voorskrifte en gebooie wat ek jou gegee het, jy en jou hele nageslag, en dan sal jy 'n lang lewe hê. 3As jy luister, Israel, en as jy gehoorsaam is en lewe volgens my gebooie, sal jy voorspoedig wees en uitermate baie word in die land wat oorloop van melk en heuning. Dit is wat die Here die God van jou voorvaders jou beloof het.
-
136
Maandag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies
1 PETRUS 5 8Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.
-
135
Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio
2 KONINGS 6 Elisa laat 'n byl op die water dryf 1Die profete het vir Elisa gesê: “Die plek waar ons van u onderrig ontvang, het te klein geword vir ons. 2Laat ons na die Jordaan toe gaan en balke kap om vir ons 'n bymekaarkomplek te bou.” “Gaan gerus,” het hy geantwoord. 3Een het vir hom gevra: “Wil u nie met ons saamgaan nie?” Hy het geantwoord: “Ek sal gaan,” 4en hy het saam met hulle gegaan. Toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome afgekap. 5Terwyl een besig was om 'n boom af te kap, het sy byl in die water geval. Hy roep toe: “Ag tog, Meneer, en dit was boonop 'n geleende byl!” 6Die man van God het gevra waar die byl ingeval het. Toe die profeet vir hom die plek gewys het, het hy 'n stuk hout afgekap en dit daar ingegooi, en dit het die byl bo laat dryf. 7Hy sê toe vir hom: “Haal dit uit.” Die man het sy hand uitgesteek en dit gevat.
-
134
Dinsdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio
2 TESSALONISENSE 2 5Onthou julle nie dat ek dit herhaaldelik vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?
-
133
Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio
2 TESSALONISENSE 2 3Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens wat vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie. 4Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word, en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.
-
132
Sondagaand Erediens - Past Buks van Staden
HEBREËRS 2 Die groot saligheid vereis groot verantwoordelikheid 1Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie.
-
131
Sondagoggend Erediens - Past Buks van Staden
HEBREËRS 12 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.
-
130
Saterdag Oggenddiens - Past Buks van Staden
JAKOBUS 1 1Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete! Geloof en wysheid 2My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. 4En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. 5As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. 6Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.
-
129
Vrydag Oggenddiens - Past Buks van Staden
JAKOBUS 1 22Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.
-
128
Donderdag Oggenddiens - Past Buks van Staden
2 KORINTIËRS 12 9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
-
127
Woensdag Oggenddiens - Past Buks van Staden
FILIPPENSE 4 6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
-
126
Dinsdag Oggenddiens - Past Buks van Staden
SPREUKE 3 5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
-
125
Maandag Oggenddiens - Past Buks van Staden
JOHANNES 15 5“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.
-
124
Sondagaand Erediens - Past Riaan de Bruyn
ROMEINE 8 Lewe deur die Gees 1Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.
-
123
Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn
JOHANNES 8 God is nie hulle Vader nie 31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” PSALMS 139 U omsluit my van alle kante 1Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 4Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. 5U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. JOHANNES 14 6Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
-
122
Saterdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn
2 TIMOTEUS 3 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. PSALMS 139 U omsluit my van alle kante 1Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 4Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. 5U omsluit my van alle kante, U neem my in besit.
-
121
Vrydag Oggendiens - Past Riaan de Bruyn
2 TIMOTEUS 3 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, PSALMS 139 U omsluit my van alle kante 1Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 4Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. 5U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. 6Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. 1 TIMOTEUS 4 7Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. 8Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.
-
120
Donderdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn
DEUTERONOMIUM 3 16Ek het die gebied van Gilead af tot in die middel van die Arnonbedding vir die stamme Ruben en Gad gegee. Hulle noordgrens was Jabbokspruit, die grens van die Ammoniete se land, PSALMS 139 24Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! GALASIËRS 6 Dra mekaar se laste 1Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.
-
119
Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn
PSALMS 139 23Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. 2 TESSALONISENSE 3 16Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!
-
118
Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn
PSALMS 139 23Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. 24Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! 2 TIMOTEUS 3 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. EFESIËRS 4 14Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. SPREUKE 3 5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
-
117
Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn
PSALMS 139 23Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. 24Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! 2 TIMOTEUS 3 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
-
116
Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn
PSALMS 139 23Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. 24Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! 2 TIMOTEUS 3 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
-
115
Sondagaand Erediens - Past Pieter Calitz
1 PETRUS 3 7Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.
-
114
Sondagoggend Erediens - Past Pieter Calitz
MATTEUS 20 28So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”
-
113
Saterdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz
MATTEUS 20 28So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”
-
112
Vrydag Oggenddiens - Past Pieter Calitz
MALEAGI 2 14en julle vra: “Waarom dan nie?” Dit is omdat die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het. SPREUKE 2 17wat haar eie man verlaat en die verbond van haar God vergeet het.
-
111
Donderdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz
GENESIS 2 24Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word. 25Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie.
-
110
Woensdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz
GENESIS 2 22en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot 'n vrou en bring haar na die mens toe. 23Toe sê die mens: “Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy ‘vrou’ genoem word; sy is uit die man geneem.” 24Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word. 25Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie.
-
109
Dinsdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz
GENESIS 2 18Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.” 19Die Here God het toe uit grond al die wilde diere en al die voëls gevorm en na die mens toe gebring om vas te stel hoe hy elkeen sou noem; en wat die mens elke lewende wese sou noem, dit sou sy naam wees. 20Die mens gee toe name vir al die mak diere, die voëls en die wilde diere, maar vir homself het hy nie 'n helper, 'n gelyke, gekry nie. 21Toe het die Here God 'n diep slaap oor die mens laat kom, sodat hy vas geslaap het. Die Here God neem toe 'n ribbebeen uit die mens, vul die plek met vleis op,
-
108
Maandag Oggenddiens - Past Pieter Calitz
GENESIS 2 7Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. 8Die Here God het toe 'n tuin in Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon. 9Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit, ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van alle kennis.
-
107
Sondagaand Erediens - Ds Kobus Botha
GENESIS 32 22Die nag het hy opgestaan en sy twee vrouens en sy twee persoonlike slavinne en sy elf kinders gevat en deur Jabbokdrif gegaan. 23Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan. 24Jakob het alleen daar agtergebly, en 'n man het tot dagbreek met hom gestoei. 25Toe die man agterkom dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het. 26Die man het vir Jakob gesê: “Los my, want die dag breek.” Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.” 27Toe vra die man: “Wat is jou naam?” en hy antwoord: “Jakob.” 28Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel , want jy het teen God en teen mense 'n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.”
-
106
Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha
GENESIS 28 11Teen sononder het hy by 'n plek gekom waar hy kon oornag. Hy het daar 'n klip vir 'n kopkussing gebruik en gaan lê en slaap. 12Hy het gedroom: 'n leer staan op die aarde en die punt van die leer raak aan die hemel, en engele van God klim op en af met die leer. 13Toe kom staan die Here by Jakob en sê: “Ek is die Here die God van jou voorvader Abraham, die God van Isak. Ek sal die grond waarop jy lê, vir jou en jou nageslag gee. 14Hulle sal so baie wees soos die stof van die aarde, en jy sal jou gebied na alle kante toe uitbrei, en in jou en jou nageslag sal al die volke van die aarde geseën wees. 15Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan. Ek sal jou na hierdie land toe terugbring. Ek sal jou nie in die steek laat nie. Ek sal doen wat Ek jou beloof het.”
-
105
Saterdagoggend - Ds Kobus Botha
GENESIS 25 Die tweeling Esau en Jakob 19Hier volg besonderhede oor Isak seun van Abraham: Abraham was Isak se pa, 20en toe Isak veertig jaar oud was, het hy met Rebekka getrou. Sy was die dogter van Betuel, 'n Arameër uit Paddan-Aram, en 'n suster van Laban die Arameër. 21Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy was kinderloos. Die Here het sy gebed verhoor, en sy vrou Rebekka het swanger geword. 22Die kinders het in haar teen mekaar gestamp, en toe sê sy: “Waarom gebeur so iets met my?” Sy het toe die Here gaan raadpleeg, 23en Hy het vir haar gesê: “Daar is twee nasies in jou, twee volke uit jou sal van mekaar geskei word. Een sal sterker wees as die ander, die oudste sal die jongste dien.”
-
104
Vrydagoggend - Ds Kobus Botha
GENESIS 22 6Abraham het die hout vir die brandoffer op sy seun Isak se rug getel en self vuur en 'n mes saamgevat. Terwyl hulle twee so saamloop, 7sê Isak vir sy pa: “Pa?” en Abraham antwoord: “Ja, my seun?” Toe vra Isak: “Hier is vuur en hout, maar waar is die lam om te offer?” 8Abraham het geantwoord: “My seun, God sal sy eie offerlam voorsien.” Daarna het hulle twee saam verder gestap.
-
103
Donderdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha
GENESIS 18 22Die mans het weggedraai Sodom toe, maar die Here het by Abraham bly staan. 23Abraham het toe nader gekom na die Here toe en gevra: “Sal U die regverdiges saam met die goddeloses vernietig? 24Miskien is daar vyftig regverdiges in die stad. Sal U die plek werklik vernietig? Sal U dit nie spaar oor vyftig regverdiges daarin nie?
-
102
Woensdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha
Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00
-
101
Dinsdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha
GENESIS 3 15Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00
HOSTED BY
Radio Rosestad
CATEGORIES
Loading similar podcasts...