Dis Alles Beplan episode artwork

EPISODE · Nov 28, 2025 · 2 MIN

Dis Alles Beplan

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 64:8 U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande. Het jy al ooit in die spieël gekyk en gedink: Wel, as ek myself gemaak het, sou ek dit anders gedoen het? En nou praat ons nie net van jou voorkoms nie, maar ook jou persoonlikheid, jou familie, jou lyding langs die pad, jou huidige situasie...Wat sou jy verander het as jy God se krag gehad het?Ons hoef nie te lank na die antwoord te soek nie, want ons het almal dinge wat ons wens God anders sou gedoen het toe Hy ons geskape het en toe Hy ons lewensplan geskryf het.Wil jy my sê ons het die reg om nie met God saam te stem nie? Om sy keuses te bevraagteken en te wens dat Hy dinge net 'n bietjie beter sou gedoen het? Kyk wat die profeet se gevolgtrekking is:Jesaja 64:8 U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande.Daardie vers is 'n nederige erkenning dat God inderdaad die reg het om ons lewens te vorm, en dat ons aan Hom behoort. Die persoon wat jy geword het en die lewe wat jy geleef het, was nie net die gevolg van 'n lukrake mog-het-troffe poging nie. Alles omtrent jou is liefdevol, versigtig en met 'n beplande doel deur God gevorm; net soos 'n kunstenaar klei op die pottebakkerswiel in iets unieks en kosbaar kan vorm. En jy is deur God aanmekaar geweef – jou gawes, jou omstandighede, jou lyding, jou lewensdoel, jou reis en jou bestemming. Jy is sy handewerk. Bewaar hierdie waarheid in jou hart, wantDis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 28, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 64:8 U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande. Het jy al ooit in die spieël gekyk en gedink: Wel, as ek myself gemaak het, sou ek dit anders gedoen het? En nou praat ons nie net van jou voorkoms nie, maar ook jou persoonlikheid, jou familie, jou lyding langs die pad, jou huidige situasie...Wat sou jy verander het as jy God se krag gehad het? Ons hoef nie te lank na die antwoord te soek nie, want ons het almal ding...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Dis Alles Beplan

0:00 2:37

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 28, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!