Dis Verby episode artwork

EPISODE · Dec 31, 2023 · 3 MIN

Dis Verby

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Hier is ons, op die 31ste Desember, Oujaarsdag, die laaste dag van hierdie jaar. Sodra die oorlosie twaalfuur slaan, is dit verby. ‘Finish-en-klaar,’ afgehandel!Al is die hele jaar finaal verby, is daar baie mense wat sal toelaat dat die seerkry en mislukkings van die afgelope jaar tot in die volgende jaar, en tewens vir die res van hul lewens, hulle lewens beïnvloed. Ongelukkig is daar volgelinge van Jesus onder hulle. Selfs van diegene wat met hulle hele hart in Jesus glo.Miskien het jy onafgehandelde sake wat uit die afgelope jaar of selfs nog verder in die verlede, kom. Is daar die een of ander ding waaroor jy spyt is? Moet jy jouself daarvoor vergewe? Is daar hartseer? Miskien een of ander vorm van mishandeling, of een of ander verlies wat jou siel soos 'n donker verterende kanker vasgryp? Indien wel, dan het jy bonatuurlike krag nodig om jou vry te maak; Heilige Gees krag om die kettings wat jou bind, te breek. En hier is dit:Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.God het in 'n baie donker tyd van uitgerekte slawerny en ballingskap met Israel gepraat. Dit was inderdaad sy straf vir hulle afgodery, sonde en rebellie, maar Hy wou hulle weer herstel. Luister na my – nee, luister na God. Deur die krag van sy Gees: vergeet die verlede. Moenie aanhou om ou koeie uit die sloot op te grawe nie. Hy gaan 'n nuwe ding ... in jou en deur jou doen. Jy kan dit glo. Dis waar, want …Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 31, 2023

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Hier is ons, op die 31ste Desember, Oujaarsdag, die laaste dag van hierdie jaar. Sodra die oorlosie twaalfuur slaan, is dit verby. ‘Finish-en-klaar,’ afgehandel! Al is die hele jaar finaal verby, is daar baie me...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Dis Verby

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 31, 2023.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!