Dis Waaroor Dit Gaan episode artwork

EPISODE · Jul 3, 2025 · 3 MIN

Dis Waaroor Dit Gaan

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 22:37-39 Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Hoe vinniger die lewenstempo raak en hoe meer druk daar op ons is deur al die duisende dinge wat ons dag vir dag moet doen … hoe meer onbedagsaam, hoe meer transaksioneel en hoe meer ongevoelig word ons in ons optrede.Wat is iets wat jy dag vir dag outomaties doen? Miskien is dit om die kinders se middagetes te maak en hulle skool toe te neem? Of dalk ry jy elke dag dieselfde roete in dieselfde ellendige verkeer werk toe? Of wat van al die lastige e-posse wat jou aandag nodig het en wat net nooit ophou om in jou in-kassie te verskyn nie?Terwyl jy terugstaan en daardie herhalende, roetine-take objektief oorweeg; dink jy ooit aan die mense rondom jou, jou kinders, die ander bestuurders, diegene wat vir jou die e-posse gestuur het? Dit is so maklik, om daardie prul-takies te doen sonder om ander mense in ag te neem. En, as jy 'n gelowige is, vra jouself af: doen jy dit ook soms sonder om God in ag te neem?Op die vraag van die een of ander jong wetsgeleerde oor wat die belangrikste ding in die lewe eintlik is, het Jesus geantwoord: Matteus 22:37-39 ...“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’’Jesus stel dit so eenvoudig... moenie dinge kompliseer nie. Kom ons gaan terug na die basiese beginsels, na dít wat regtig saakmaak. Maar, my vriend, wanneer jy al daardie dinge in jou dag inprop, bly voortdurend bewus van God se teenwoordigheid.Ja, en pas daardie liefde toe: moenie jou humeur met die kinders verloor nie; moenie jou toeter vir die ander bestuurders blaas nie; en moenie vergeet om 'n woord van bemoediging by daardie e-pos te voeg nie.Wees lief vir God. Wees lief vir ander.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 3, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 22:37-39 Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Hoe vinniger die lewenstempo raak en hoe meer druk daar op ons is deur al die duisende dinge wat ons dag vir dag moet doen … hoe meer onbedagsaam, hoe meer transaksioneel en hoe meer ongevoelig word ons in ons...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Dis Waaroor Dit Gaan

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 3, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!