Dit is My Geliefde Seun episode artwork

EPISODE · Dec 5, 2025 · 2 MIN

Dit is My Geliefde Seun

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 1:12-13 Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg Jy weet hoe dit gaan. Ons weet dat die lewe sy hoogte- en laagtepunte het, sy stampe en kneusplekke, en dan is daar ook af en toe ‘n haakhou teen die kop. En tog, diep binne-in, hoop ons, verwag ons eintlik, dat dit baie makliker vir ons sal word. Ons is immers spesiaal, of hoe? Natuurlik dink ons elkeen dat ons spesiaal is. Daardie slegte dinge behoort nie met ons te gebeur nie! En tog gebeur dit.Dis moeilik om iemand meer spesiaal as Jesus, God se geliefde Seun, voor te stel. Kyk net na wat gebeur met sy doop.Lukas 3:21-22 Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos 'n duif op Hom neergedaal. Daar was ook 'n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”Dit het beslis nie by my doop gebeur nie. Het dit by joune gebeur? Nee, ek het nie so gedink nie! Maar kyk wat gebeur onmiddellik daarna met Jesus ...Markus 1:12-13 ... Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg.Die woord: “weggevat” in die oorspronklike Grieks sê eintlik dat die Heilige Gees Jesus die woestyn “ingegooi” het. Stel jou voor, Jesus was daar alleen; “gegooi” om veertig dae lank honger te ly en om deur die duiwel versoek te word. Die duiwel versoek Hom om die handdoek in te gooi en hóm te gehoorsaam.As Jesus deur die duiwel versoek kon word, kan dit mos maklik met ons ook gebeur. God sal ons geloof in Hom toets ... en as ons Hom toelaat, sal Hy ons aan die anderkant, sterker en nader aan Hom, uitbring.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 5, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 1:12-13 Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg Jy weet hoe dit gaan. Ons weet dat die lewe sy hoogte- en laagtepunte het, sy stampe en kneusplekke, en dan is daar ook af en toe ‘n haakhou teen die kop. En tog, diep binne-in, hoop ons, verwag ons eintlik, dat dit baie makliker vir ons sal word. Ons is immers spesiaal...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Dit is My Geliefde Seun

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 5, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!