Dit Maak Saak! episode artwork

EPISODE · Mar 17, 2026 · 3 MIN

Dit Maak Saak!

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGenesis 6:13-14,22  “Ek het besluit om 'n einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg. Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet vertrekke in die ark maak en dit binne en buite met pik dig maak.Noag het alles gedoen presies soos God hom beveel het. Nihilisme is die begrip dat die lewe geen werklike betekenis, waarde of doel het nie. ‘n Nihilis glo dat om in die dieper betekenis van die lewe te glo, outyds is, en dat ons net moet eet, drink en vrolik wees, want môre sterf ons. Hoe goed dink jy gaan dit met die mensdom, as ons kyk na hoe populêr hierdie denkpatroon deesdae geword het? Kom ons gesels vandag oor Noag - daardie mal ou wat, kilometers van enige oseaan af, 'n massiewe skip gebou het. Ek sê maar net, dit was 'n groot monster van ‘n skip, omtrent so groot soos 'n moderne vragskip. En hoekom het hy dit gebou? "Omdat God vir my gesê het ek moet dit doen."Hy was omring deur 'n nihilistiese, losbandige samelewing. Die mense was goddeloos: die sosiale standaarde het ineengestort, daar was geweld, onreg en uitbuiting. En wat is nou so verkeerd daarmee? Uiteindelik maak dit tog nie regtig saak nie, of hoe?Genesis 6:13-14,22 "Ek het besluit om 'n einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg. Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet vertrekke in die ark maak en dit binne en buite met pik dig maak.Noag het alles gedoen presies soos God hom beveel het.Dit het Noag dekades geneem om “alles presies te doen soos God hom beveel het”; om, te midde van die boosheid wat hom omring het, daardie massiewe ark te bou. Kan jy jou die korrupte spul spotters rondom hom voorstel?Maar Noag het nie sy werk gestop om homself aan elke twyfelaar en hater te regverdig nie. Hy het net aangehou bou … en geweet dat die reën waarvan God hom vertel het, die praatwerk sal doen.Mense sal jou teëstaan wanneer jy anders as hulle is en omdat jy goed doen; omdat jy God eer en omdat jy Jesus volg. Want vir hulle is jy net 'n mal ou soos Noag. Doen dit in elk geval. Eer God in elk geval. Volg Jesus in elk geval, hoe lank dit ook al neem, en laat die res aan Hom oor.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 17, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Genesis 6:13-14,22 “Ek het besluit om 'n einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg. Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet vertrekke in die ark maak en dit binne en buite met pik dig maak. Noag het alles gedoen presies soos God hom beveel het. Nihilisme is die begrip dat die lewe geen werklike betekenis, waarde of doel het nie. ‘n Nihilis glo dat om in die dieper betekenis van die le...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Dit Maak Saak!

0:00 3:13

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 17, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!