Doop van die Heilige Gees episode artwork

EPISODE · Sep 10, 2024 · 2 MIN

Doop van die Heilige Gees

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 1:7,8 Hy het aangekondig: “Daar kom Iemand ná my wat belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers werd is om soos ’n slaaf te buk en sy sandale los te maak nie. Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.” (NLV) Het jy al ooit gewonder waaroor die doop gaan? Dit is 'n vreemde ritueel wat al vir duisende jare beoefen word - eers in Judaïsme en toe in die Christendom. Selfs Jesus is gedoop!Nouja, kom ons spring in. Gister het ons Johannes die Doper ontmoet. Hy was die interessante ou wat die weg vir Jesus voorberei het deur mense te roep om gedoop te word. Hy het hulle geleer dat hul lewens moet verander en dat hulle die donker tentakels, wat sonde om hul siele gevou het, moet losmaak. Ons word vertel dat almal van Judea, selfs die hele Jerusalem, na hierdie nogal vreemde ou in die woestyn gestroom het om hulle te laat doop. Dit is alles goed en wel – maar dit het ‘n dieper betekenis – hy was besig om die weg van die Here voor te berei en mense se harte oop te maak deur ‘n diep reinigingsritueel.Maar sê my: het jy al ooit probeer om jouself te verander; om daardie diep ingewortelde slegte gewoontes, wat jou lamlê, te hanteer? Dit is byna onmoontlik, kyk wat lees ons van Johannes die Doper in:Markus 1:7,8 Hy het aangekondig: “Daar kom Iemand ná my wat belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers werd is om soos ’n slaaf te buk en sy sandale los te maak nie. Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.” (NLV)Hy praat natuurlik van Jesus - wat later self nog baie gepraat het oor die feit dat ons deurdrenk, gedoop, en in die krag van die Heilige Gees verander moet word.As jy al ooit gesukkel het om met sonde te breek en misluk het, (en wie het nie?) verstaan tog vandag dat jy dit nie alleen hoef te doen nie. Want daar is Iemand wat gekom het om jou met sy Heilige Gees te doop. Jesus.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 10, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 1:7,8 Hy het aangekondig: “Daar kom Iemand ná my wat belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers werd is om soos ’n slaaf te buk en sy sandale los te maak nie. Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.” (NLV) Het jy al ooit gewonder waaroor die doop gaan? Dit is 'n vreemde ritueel wat al vir duisende jare beoefen word - eers in Judaïsme en toe in die Christendom. Selfs Jesus is gedoop! Nouja, kom ons spring in. Gis...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Doop van die Heilige Gees

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 10, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!