EPISODE · Jun 23, 2026 · 2 MIN
Dring deur tot die Kern
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan MailSpreuke 18:15 'n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis. Het ons nie dalk al te gewoond geraak aan kitsoplossings vir ons uitdagings nie? So, wanneer jy 'n probleem ondervind wat jy nie maklik kan oplos nie; wat doen jy?Gedurende die vroeë 20ste eeu is die wêreld van die fisika oorheers deur die aannames wat Newton gemaak het. Baie mense het sy wette as onbetwisbare "feite" aanvaar, maar Albert Einstein het geleer om dieper as die oppervlak te delf en moeiliker vrae oor ruimte, tyd en lig te vra.Sy beroemde Relatiwiteitsteorie het feite onthul wat nog altyd daar was, en wat nog altyd waar was, maar verborge gebly het. Einstein se genialiteit het nie daarin gelê om te memoriseer wat ander voor hom uitgevind het nie, maar om te soek na dít wat verborge lê; om die waarheid, soos dit werklik is, te ontdek.Dit werk wonderlik in die fisika om dinge tot op die kern oop te vlek; maar, wanneer die mens by sy werklike probleme kom, is die idee om dieper te delf baie meer gekompliseerd en baie meer persoonlik.Spreuke 18:15 'n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis.Slim mense is nie tevrede om sommer net dinge, wat almal weet of as vanselfsprekend aanvaar, te glo nie. Hulle wil dieper delf tot onder die oppervlak, om by die werklike probleme uit te kom.Dink aan daardie dreinerende verhouding waarin jy tans betrokke is; en wat van daardie uitdaging wat jy in die gesig staar; en daardie ander probleem wat jy nog nie heeltemal kon oplos nie?In hierdie Google-wêreld waarin ons leef, soek ons altyd na kitsoplossings, maklike antwoorde. Maar soms moet jy dieper delf om by die kern van die saak uit te kom.Kennis is daar vir diegene wat bereid is om te soek – dis God se voorreg om 'n antwoord te verberg, en ons eer om daaroor te bid. Volhard in gebed. God sal dit openbaar.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
What this episode covers
Send us Fan Mail Spreuke 18:15 'n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis. Het ons nie dalk al te gewoond geraak aan kitsoplossings vir ons uitdagings nie? So, wanneer jy 'n probleem ondervind wat jy nie maklik kan oplos nie; wat doen jy? Gedurende die vroeë 20ste eeu is die wêreld van die fisika oorheers deur die aannames wat Newton gemaak het. Baie mense het sy wette as onbetwisbare "feite" aanvaar, maar Albert Einstein het geleer om dieper as die opperv...
NOW PLAYING
Dring deur tot die Kern
No transcript for this episode yet