Droog die Trane Af episode artwork

EPISODE · Apr 4, 2025 · 2 MIN

Droog die Trane Af

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJeremia 31:16-17 So sê die Here: Bly stil, moenie huil nie, moenie trane in jou oë hê nie! Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word, sê die Here, jou kinders sal uit die vyand se land terugkom. Daar is 'n toekoms vir jou nageslag, sê die Here, jou kinders sal na hulle besitting toe terugkom. Dit is 'n wrede feit van die lewe: jy kan jouself afsloof en jou heel beste lewer, maar niemand sien dit eers raak nie; daar is geen skare wat handeklap nie, geen beloning vir jou moeite nie, nie eers 'n enkele woord van aanmoediging nie.Daar was geleenthede in die tyd toe ek en my sakevennote ons IT-konsultasiefirma bestuur het, wat ons nie vir onsself 'n salaris getrek het nie. En dit was net sodat ons ons ondankbare en soms moeilik-om-te-bestuur-personeel kon betaal. En dan was daar tye wat ons kliënte nie ons ywer en harde werk waardeer het nie...Dit het destyds gedurende daardie moeilike tye gevoel asof ons, sonder beloning, slawe van ons personeel en kliënte was.Jy weet waarvan ek praat, nè? Ja, my vriend, en dan dink ons nie eers aan hoe 'n ondankbare taak dit kan wees om kinders groot te maak nie! Of daardie gevoel wat jy ervaar wanneer jou baas al die eer vir jou werk neem! Wat jy ook al doen, sal daar tye wees wanneer jy nie gewaardeer voel nie; tye wanneer daar geen oënskynlike beloning is nie.Toe Israel moedeloos was, is dít wat God vir hulle gesê het:Jeremia 31:16-17 So sê die Here: Bly stil, moenie huil nie, moenie trane in jou oë hê nie! Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word, sê die Here, jou kinders sal uit die vyand se land terugkom. Daar is 'n toekoms vir jou nageslag, sê die Here, jou kinders sal na hulle besitting toe terugkom.Dinge kan nou dalk ondraaglik wees. Jy mag dalk sonder beloning en ongewaardeer voel. Maar God sien dit alles. Hy weet dit alles. Hy voel dit alles. En Hy het 'n plan, 'n goeie plan … 'n baie beter plan as wat jy ooit kan hê. Vee jou trane af. Byt vas!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 4, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jeremia 31:16-17 So sê die Here: Bly stil, moenie huil nie, moenie trane in jou oë hê nie! Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word, sê die Here, jou kinders sal uit die vyand se land terugkom. Daar is 'n toekoms vir jou nageslag, sê die Here, jou kinders sal na hulle besitting toe terugkom. Dit is 'n wrede feit van die lewe: jy kan jouself afsloof en jou heel beste lewer, maar niemand sien dit eers raak nie; daar is geen skare wat handeklap nie, geen beloning vir jou ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Droog die Trane Af

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 4, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!