Een Blinde Lei ‘n Ander episode artwork

EPISODE · May 2, 2024 · 3 MIN

Een Blinde Lei ‘n Ander

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 6:39,40 Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: “Hoe kan ’n blinde persoon ’n ander blinde lei? Die eerste sal in ’n sloot val en die ander een saam aftrek.’n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word. (NLV) Dis ‘n ernstige en gevaarlike situasie wanneer enigiemand hul vertroue in ‘n persoon of enigiets anders as die waarheid van die Evangelie van Jesus Christus stel. Selfs Christene (in werklikheid veral Christene), kan hul geloof tot belaglike en gevaarlike uiterstes neem.Ja, mense word mislei om gewelddadig op te tree; en dit is hoe die Kruistogte, daardie verskriklike godsdiensoorloë tussen 1095 en 1291 ontstaan het; asook die Katolieke Inkwisisie van die 12de tot die middel van die 15de eeu. Ja, en vandag kry ons dit in die vorm van die selfmoordbomaanvallers van ander godsdienstige groeperinge. Vir 'n Christen is die waarheid van die Evangelie 'n onweerlegbare werklikheid. Maar daar is deesdae baie invloedryke leraars, wat Christene oproep om op te staan, om hul regte terug te eis, om hul land (in watter land hulle ook al woon) met mag in 'n Christelike een te verander. Hulle gebruik oortuigende argumente … en tog mis hulle die punt.Lukas 6:39,40 Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: “Hoe kan ’n blinde persoon ’n ander blinde lei? Die eerste sal in ’n sloot val en die ander een saam aftrek.’n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word. (NLV)Moenie toelaat dat blinde gidse jou op 'n dwaalspoor lei nie. Die doel van die Evangelie, die Goeie Nuus van Jesus Christus, is nie om dit op ander af te dwing nie. Soos iemand eenkeer gesê het, wanneer jy Christenskap met mag begin meng, het jy kort voor lank leiers wat besig is om ‘n kruis op iemand anders se skouers af te forseer, eerder as om dit vir hulself op te neem.Tree dus oordeelkundig op. Kies jou onderwysers versigtig. Ja, ek weet ons moet opstaan teen die kwaad, maar onthou, die Evangelie van Christus is 'n Evangelie van God se liefde, sy vergifnis, sy begeerte om mense na Hom toe te trek.Moenie in die duiwel se slagyster trap nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 2, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 6:39,40 Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: “Hoe kan ’n blinde persoon ’n ander blinde lei? Die eerste sal in ’n sloot val en die ander een saam aftrek.’n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word. (NLV) Dis ‘n ernstige en gevaarlike situasie wanneer enigiemand hul vertroue in ‘n persoon of enigiets anders as die waarheid van die Evangelie van Jesus Christus stel. Selfs Christene...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Een Blinde Lei ‘n Ander

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 2, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!