Eenheid in die Gesin is Belangrik episode artwork

EPISODE · Sep 12, 2025 · 3 MIN

Eenheid in die Gesin is Belangrik

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailKolossense 3:13-14 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. In sommige kulture is "uitgebreide gesinne" steeds 'n baie belangrike ding. En as jy deel is van 'n uitgebreide gesin, al is dit nie perfek nie, en al is daar van tyd tot tyd meningsverskille, hoop ek jy besef hoe ongelooflik geseënd jy is.Vir baie mense het uitgebreide gesinne egter iets van die verlede geword. Verstedeliking en globalisering het 'n situasie geskep wat daartoe gelei het dat familielede fisies verder van mekaar af woon. Daar is gevolglik ook 'n toenemende druk op die kerngesin, ten opsigte van finansiële onafhanklikheid, te midde van die ewig stygende lewenskoste. Veranderende geslagsrolle, generasieverskille, die opkoms van alternatiewe vir kinderversorging en digitale kommunikasie het almal ‘n rol gespeel in die verbrokkeling van uitgebreide gesinne. Hoe gebeur dit? Verskille verander in meningsverskille; meningsverskille verander in gebroke verhoudings en voor jy dit weet, praat ons van vervreemding.Ek is geen huweliks- en gesinskenner nie, maar ek is baie seker dat daar ook ‘n Goddelike oplossing daarvoor is: Kolossense 3:13-14 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.God se bloudruk het nog altyd gesinne ingesluit. En terwyl jy ook baie gebroke en ongelukkige gesinne; wat wissel van argumente, egbreuk, bloedskande en moord, in die Bybel sal vind, is dit God se begeerte dat gesinne verenig moet wees. Dit begin met liefde; dit manifesteer in vergifnis. Wat ook al in jou uitgebreide gesin aangaan, is dít waartoe God jou vandag roep.Liefde is die grondslag. Dit hou almal in perfekte harmonie bymekaar.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 12, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Kolossense 3:13-14 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. In sommige kulture is "uitgebreide gesinne" steeds 'n baie belangrike ding. En as jy deel is van 'n uitgebreide gesin, al is dit nie perfek nie, en al is daar van tyd tot tyd meningsverskille, hoop ek jy besef hoe o...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Eenheid in die Gesin is Belangrik

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 12, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!