Eer Jou Ouers episode artwork

EPISODE · Sep 10, 2025 · 2 MIN

Eer Jou Ouers

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 6:1-3 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.” Die begeerte om goedgemanierde, gehoorsame kinders groot te maak, word deesdae dikwels geminag. Mense dink al te dikwels ons moet hulle toelaat om hulself uit te leef, om hulle eie koppe te volg en om die lewe ten volle te geniet. Maar die vraag wat jy jouself moet afvra, is ... watter soort volwassenes lewer dit op?Verstaan my mooi, ek is nie ‘n voorstander van die outydse styl van ‘n heeltemal oordrewe streng opvoeding, waar kinders gesien, maar nie gehoor moet word nie. Nee ons weet mos: kinders is immers kinders. Tieners is tieners.Toe ek in die 1960's en 70's grootgeword het, het ek so een of twee keer ‘n deftige loesing by my pa gekry. Dit is maar net hoe dinge destyds was, en ek wil nie vir een oomblik voorstel dat ons daarna terugkeer nie.Maar as ek na die groot hoeveelheid selfgesentreerde volwassenes wat ons deesdae sien, kyk, wonder ek of die “moenie-inmeng-benadering” tot kinderopvoeding enigiemand enige gunste bewys. Kyk net na die vlak van sosiale kommunikasie deesdae. Dis verskriklik narsisties. So, kom ons kyk wat staan in:Efesiërs 6:1-3 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”Nouja, sosiale standaarde is deesdae dalk 'n bietjie anders. Maar wees verseker dat een van die belangrikste dinge wat ons in ons lewens vir ons kinders kan doen; een van die grootste beleggings wat ons kan maak; ‘n belegging wat oorvloedige vrugte in hul volwassenheid sal dra - vrugte wat waarskynlik ongetwyfeld deur baie geslagte sal weerklink - is om hulle te leer om hul ouers te respekteer, te eer en te gehoorsaam.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 10, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 6:1-3 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.” Die begeerte om goedgemanierde, gehoorsame kinders groot te maak, word deesdae dikwels geminag. Mense dink al te dikwels ons moet hulle toelaat om hulself uit te leef, om hulle eie koppe te volg en om die le...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Eer Jou Ouers

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 10, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!