Ek Het U Lief, My Here episode artwork

EPISODE · Sep 27, 2024 · 2 MIN

Ek Het U Lief, My Here

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 18:2,3 ...Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. (NLV) Daar is min dinge so skrikwekkend soos 'n aardbewing... Wanneer die grond onder jou voete begin bewe, wag jy in vrees vir die oomblik wat die gebou om jou gaan ineenstort en jou onder sy puin gaan vergruis.Volgens die webwerf livescience.com het die sterkste aardbewing wat nog ooit opgeteken is, op 22 Mei 1960 in Valdivia, Chili, plaasgevind. Dit het 'n sterkte van 9,5 op die Richterskaal geregistreer. Sowat 1 655 mense is dood, duisende ander is beseer en miljoene is dakloos gelaat. Die aardbewing het 'n tsoenami veroorsaak wat tot in Hawaii, Japan en die Filippyne verwoesting gesaai het.Ons aanvaar dat die grond onder ons voete beslis rotsvas sal wees en gelukkig is dit in die meeste dele van die wêreld die geval, want daardie rampspoedige skuddings is baie skaars. Maar ongelukkig is rampspoedige gebeure, wat ons lewens tot in die kern skud, glad nie so skaars nie.Soms is dit as gevolg van dinge wat met ons gebeur. Ander kere broei die probleme vir jare in ons binneste voordat dit soos 'n vulkaan ontplof. As ek terugkyk na my lewe, kan ek drie of vier dinge wat met my gebeur het, opnoem. Dinge wat ek nie my grootste vyand sou toewens nie. Wat van jou?Wat ons in daardie tye nodig het, is vaste grond onder ons voete. Ja, in daardie verskriklike tye wanneer die fondamente van ons lewens onder ons voete bewe, wanneer alles wat ons vir onsself gebou het, ineenstort en dreig om die lewe uit ons te wurg … Psalm 18:2,3 ...Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. (NLV)Laat die Here ook jou Rots wees.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 27, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 18:2,3 ...Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. (NLV) Daar is min dinge so skrikwekkend soos 'n aardbewing... Wanneer die grond onder jou voete begin bewe, wag jy in vrees vir die oomblik wat die gebou om jou gaan ineenstort en jou onder sy puin gaan vergruis. Volgens die webwerf livescience.com het die sterkste aardbewin...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Ek Het U Lief, My Here

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 27, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!