Ek wil Jou ‘n Geheim Vertel episode artwork

EPISODE · Aug 13, 2026 · 2 MIN

Ek wil Jou ‘n Geheim Vertel

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 25:14 Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. Daar is iets vreeslik lekker en aanloklik aan ’n geheim, nè? Om te wag dat iemand jou genoeg vertrou om een te deel, voel kompleet of jy op die drumpel van iets groots staan. Sodra jy deel word van daardie "binnekring", verander alles sommer dadelik. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was net ’n handjievol mense by Bletchley Park in Engeland vertrou met die oorlog se grootste geheim – die ontsyfering van Duitsland se Enigma-kodemasjien. Hulle was ’n klein, eksklusiewe groepie wat in die geheim gewerk het en die loop van die geskiedenis verander het.Geheime – die goeies altans – is presies so. Hulle het enorme krag om dinge te verander, maar nie almal weet daarvan nie. As jy daaroor dink, is dit juis wat ’n geheim ’n geheim maak.Psalm 25:14 sê: Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend.As jy die Here eer, is jy sy vriend. Hy vertrou jou met sy geheime en leer jou presies waarop jy in sy beloftes kan staatmaak.En in Christus word daardie waarheid selfs nog groter. Jesus het vir sy dissipels in Johannes 15:15 gesê: Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.Deur ons geloof in Hom is ek en jy nie meer buitestanders nie. Ons is binnekringmense –welkom in die raadsaal van God Self. Dink net daaraan! Dit laat ’n mens se kop sommer draai.Moet dus nie tevrede wees met ’n geloof wat net op die oppervlak lê nie. Gee vandag ’n tree nader. Leef met ontsag vir Hom en ontdek die vreugde daarvan om God se vriend te wees - sy vennoot wat in sy binneste sirkel welkom is.Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 13, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 25:14 Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. Daar is iets vreeslik lekker en aanloklik aan ’n geheim, nè? Om te wag dat iemand jou genoeg vertrou om een te deel, voel kompleet of jy op die drumpel van iets groots staan. Sodra jy deel word van daardie "binnekring", verander alles sommer dadelik. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was net ’n handjievol mense by Bletchley Park in Engeland vertrou met die oorlog se gro...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Ek wil Jou ‘n Geheim Vertel

0:00 2:45

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 13, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!