Erken as Jy ‘n Fout Begaan Het episode artwork

EPISODE · Jan 14, 2026 · 2 MIN

Erken as Jy ‘n Fout Begaan Het

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGenesis 3:12-13 Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.” Niemand van ons hou daarvan om foute te maak nie. En wanneer jy een maak, is dit soms baie moeilik om dit te erken. Dink net wat sal die mense sê! Dis beter om dinge weg te steek of iemand anders vir jou fout te blameer! In 1961 was die ‘Bay of Pigs’-inval in Kuba 'n totale ramp. Die Amerikaanse president John F. Kennedy het die plan goedgekeur om Fidel Castro se regering omver te werp, maar toe dit skouspelagtig misluk het, het diegene rondom hom vingers gewys na die CIA, die beplanners en selfs die verbanne Kubane. Maar JFK? Wel, hy het aanvanklik gehuiwer om sy skuld te erken. As hy van die begin af volle blaam daarvoor aanvaar het, sou vertroue in sy leierskap dalk gestyg het. In plaas daarvan, het die vertraging van sy erkenning van skuld sy geloofwaardigheid geknou. Toe hy uiteindelik die skuld aanvaar het, het dit gehelp om sy beeld so effens te herstel – maar teen daardie tyd was die skade reeds aangerig.Ja, ons weet almal: dit verg moed om verantwoordelikheid vir ons foute te aanvaar – 'n moed wat Adam en Eva duidelik kortgekom het toe God hulle verantwoordelik gehou het vir die eet van 'n stukkie vrug van dié één boom wat Hy verbied het.Genesis 3:12-13 Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.”Nie een van hulle het skuld aanvaar nie, en so het sonde in die wêreld gekom. Het jy al ooit gewonder hoe anders dinge sou verloop het as hulle bely het en God om sy vergifnis gevra het? Dis nogal ‘n moeilike vraag, waaroor ons sekerlik al dikwels gewonder het!Wanneer jy 'n fout maak; neem verantwoordelikheid, in plaas daarvan om vir jouself 'n nog dieper gat te grawe. Vra God om jou te vergewe. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 14, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Genesis 3:12-13 Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.” Niemand van ons hou daarvan om foute te maak nie. En wanneer jy een maak, is dit soms baie moeilik om dit te erken. Dink net wat sal die mense sê! Dis beter om dinge weg te steek of iemand anders vir jou fout ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Erken as Jy ‘n Fout Begaan Het

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 14, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!