Ervaar God se Heerlikheid episode artwork

EPISODE · Sep 28, 2025 · 2 MIN

Ervaar God se Heerlikheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 11:40 Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” (NLV) Gebeur wonderwerke nog steeds? Sê my, wanneer laas het jy iets so buitengewoons, so buitengewoons ervaar, dat jy dit as niks anders as ‘n wonderwerk kan beskou nie? Of het sommige mense net 'n ooraktiewe verbeelding om iets wat sommer net toevallig was, as ‘n "wonderwerk" te bestempel?Ek het self nog nooit gesien hoe iemand 'n nuwe ledemaat kry waar een geamputeer is nie. Ek het ook nog nooit gesien hoe 'n glasoog in iemand se oogkas met 'n regte een vervang is nie. En ek het beslis nog nie gesien hoe iemand wat fisies dood was, weer lewendig geword het nie.Lasarus was 'n goeie vriend van Jesus. Hy het gesterf. Hulle het laat weet dat hy siek is, maar Jesus het doelbewus getalm. Teen die tyd dat Hy daar aangekom het, was Lasarus al vier dae in 'n graf. Sy liggaam was teen hierdie tyd nie meer so vars nie! Toe Jesus vir hulle sê om die klip weg te rol, het Marta, Lasarus se suster, geprotesteer: "Dit sal sleg ruik!"Johannes 11:40 Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” (NLV)Nie alle wonderwerke vind voor jou oë plaas nie. Sommige dinge gebeur in ’n ‘stadige oond’. Eers wanneer jy terugkyk oor die jare, skud jy jou kop en wonder: “Hoe het God dit gedoen?”Sommige dinge gebeur deur wonderbaarlike tydsberekening of voorsiening en jy staan verstom wanneer jy besef dat God aan die werk is, wanneer jy dit die minste verwag.Wat ook al op die oomblik met jou aan die gang is … hou jou oë oop. Want as jy werklik glo, sal jy die heerlikheid van God sien!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 28, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 11:40 Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” (NLV) Gebeur wonderwerke nog steeds? Sê my, wanneer laas het jy iets so buitengewoons, so buitengewoons ervaar, dat jy dit as niks anders as ‘n wonderwerk kan beskou nie? Of het sommige mense net 'n ooraktiewe verbeelding om iets wat sommer net toevallig was, as ‘n "wonderwerk" te bestempel? Ek het self nog nooit gesien hoe iemand 'n nuwe ledemaat kry ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Ervaar God se Heerlikheid

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 28, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!