Fokus op Jesus episode artwork

EPISODE · Dec 12, 2025 · 3 MIN

Fokus op Jesus

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Soos die lewe sy loop neem en terwyl ons fokus op die dinge wat oor ons pad kom; die afsprake in ons dagboek; ons verpligtinge; ons vermaak en ontspanning; die dinge wat ons dalk wil koop ... is dit so maklik om dié dinge wat werklik saakmaak, uit die oog te verloor. En wanneer dit gebeur, dobber ons soos ‘n klein bootjie doelloos op die water rond.Lodewyk die Sestiende het in 1774, op negentienjarige ouderdom, die troon van Frankryk bestyg. Hy het 'n nasie geërf wat opgebou is deur generasies van konings en staatsmanne wat baie strategiese opofferings gemaak het om hul land se stabiliteit te handhaaf. Maar eerder as om dankbaar daaroor te wees, en voort te bou, het hy hul nalatenskap geringgeag en hom aan buitensporigheid oorgegee terwyl die land ekonomiese ineenstorting in die gesig gestaar het.Hy was min gepla deur die lyding van sy mense, en hy het hervorming weerstaan totdat dit te laat was. Dit het die Franse Rewolusie veroorsaak en uiteindelik het Lodewyk nie net sy troon verloor nie, maar ook sy lewe toe hy onder die guillotine tereggestel is.Daar is vandag mense wat, soos Koning Lodewyk, uit die oog verloor dat Jesus vir hulle deur sy dood toegang tot die Koninkryk van God, verkry het.Dit is immers so maklik om te doen. Kom ons kyk vandag opnuut na hierdie belangrike herinnering aan wat Jesus vir jou gedoen het:Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.My vriend, Jesus het vir jou gely en gesterf. Moet asseblief nooit daardie kragtige waarheid uit die oog verloor en jouself toelaat om jou fokus te verskuif na die wêreld en na jou begeertes nie. Nooit nie. Hou jou fokus op dít wat Jesus vir jou gedoen het, deur na hierdie wêreld te kom.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 12, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Soos die lewe sy loop neem en terwyl ons fokus op die dinge wat oor ons pad kom; die afsprake in ons dagboek; ons verpligtinge; ons vermaak en ontspanning; die dinge wat ons dalk wil koop ... is dit so maklik om dié dinge wat werklik saakmaak, uit die oog te verloor. En wanneer dit gebeur, dobb...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Fokus op Jesus

0:00 3:04

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 12, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!