EPISODE · Sep 6, 2022 · 26 MIN
Gebed: Inleiding tot die Onse Vader
from Radio Scriptura · host Scriptura
Wie is die god tot wie ons bid? Is ons gebede veronderstel om op ons gevoel te rus, en wat het ons skrifstudie met ons gebede te doen? Gebed kom nie natuurlik vir die mens nie. Daarom is die vraag: hoe lyk die model gebed? Die derde episode van Scriptura se gebedsreeks kyk na die inleiding tot Onse Vader deur middel van die Heidelbergse Kategismus. Jesus het self baie gebid, hoeveel te meer nie ons nie? Jesus se dissipels het Hom gevra om hulle te leer bid, en dan antwoord Hy met die Onse Vader gebed in Lukas 11 wat die beste model van gebed is, omdat dit op aanbidding fokus en God korrek aanspreek en op Sy regmatige plek as God plaas. Die Onse Vader som op wat ons moet sê en vra. Ons kry 'n vaste troos dat God sal hoor en verhoor ter wille van Christus.
NOW PLAYING
Gebed: Inleiding tot die Onse Vader
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.