PODCAST · religion
Radio Scriptura
by scriptura.co.za
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
Episodes
-
Apologetiek - Waarom verskillende benaderings?
Waarom is daar verskillende benaderings van apologetiek? Wat is die hoof soorte apologetiese benaderings? Hoe ken ons waarheid, is menslike rede neutraal, en is daar 'n verhouding tussen geloof en rede?
-
Luisteraarsvraag: Christus se teenwoordigheid in die elemente van die Nagmaal
Is die nagmaal net 'n simbool, of is die brood en die wyn heilige tekens? Hoe moet ons die teenwoordigheid van Christus in die nagmaal verstaan? Christus het fisies aan die kruis gesterf, en weer fisies opgestaan uit die dood, en ook fisies opgevaar na die hemel. Is Hy dan fisies of net geestelik...
-
Perspektief - April 2026
Onderwerpe van bespreking vir vandag is die genadedood of bystanddood wetgewing wat oorweeg en gedryf word om goedkeuring te verkry in Suid-Afrika. Wat is die argumente daarvoor, en wat is die plek en doel van lyding in die christen se lewe? Is daar enige gronde vir genadedood volgens die Bybel?…
more -
Tekskritiek - 'n Onderhoud met Professor Jorrie Jordaan
Besit ons steeds die onvervalste evangelie? Wat is tekskritiek, en hoe is die bybel - spesifiekdie nuwe testament - onder gelowiges in die eerste drie eeue na Christus versprei? Hoe is die bybel vertaal, en hoe het die evangelie behoue gebly, en het die handgeskrewe afskrifte hoofsaaklik...
-
Apologetiek - Wat is apologetiek?
Hoe lyk die christelike of bybelse wêreldbeeld? Wat is apologetiek en waar pas dit in my geloofslewe in? Moet ek die waarhede van die Woord van God, of my geloof in die waarheid van God in die publiek en algemene samelewing verdedig? Wat is die doel van apologetiese getuienis of redenasies met...
-
Wat sê die vers? Johannes 12:32
"En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek." Waaraan is Jesus se verhoging gekoppel? Trek Jesus "alle" mense na Hom toe? Hoeveel kan ons as mense bydra tot ons aangetrokkenheid tot God? Hoe verskil universalisme van die gereformeerde leer oor die uitverkiesing? En waarna...
-
Paasfees ... en mense wat daar was
Tydens Paasfees kan ons lees en dink oor die getuienis van al die mense wat voor, tydens en na Jesus se kruisiging by Hom was, en alles waargeneem en ervaar het. Dan sien ons mooi hoe ons met elkeen van hulle kan vereenselwig, en soortgelyke swakhede het. Ons besef weereens ons groot nood vir...
-
Pastoraal: Skinderstories
Wat is die christen se verantwoordelikheid teenoor God en teenoor naaste wat woorde en waarheid betref? Hoe kan ons broers en susters, asook diegene buite die kerk, se beeld en eer beskerm? Hoe vermy ons en staan ons teen die verskillende vorme van lieg en bedrieg in praktyk? Moet ons soms net…
more -
Wat sê die vers? Spreuke 29:18
Wat is die konteks van Spreuke en hoekom het God dit vir ons gegee? Hoe moet ons dit lees en is die mistiese visioen of die moralistiese benadering korrek? Moet ons eers drome en visioene kry om die regte pad te volg? Wat is algemene misbruike van hierdie teks? Hoekom kyk ons verlossingshistories...
-
Luisteraarsvraag: Armageddon
Gaan daar regtig 'n oorlog op 'n spesifieke plek naamlik Armageddon plaasvind? Moet ons Openbaring letterlik lees, of is dit liewer beeldspraak van die kerk era? Watse soort teks is dit? Vanuit watter hoek en inslag behoort dit gelees te word? Wat is die gereformeerde leer oor die eindtye? Preek...
-
Pastoraal - Enkellopend en Alleen
Hoekom kan sommige mense nie iemand vind wat by hulle pas nie? Is daar fout met hulle, of is daar rede tot kommer? Is dit goed as trou en maat soek jou top lewensdoelwitte word? Watter invloed het die sekulêre wêreld se danke op jong mense en die huwelik? Wat is die ware redes in die Skrif vir…
more -
Pastoraal: Bejaard en eensaam
Wat is die uitdagings vir bejaardes in vandag se vinnige lewensstyl? Heelwat bejaardes vereensaam wanneer hul wederhelftes sterf, en hul kinders die huis verlaat. Hoe kan ons hulle bystaan met die moeilike aanpassing van afskaal en nuwe lewensomstandighede, vanweë hul spesifieke behoeftes of...
-
Pastoraal: Afwesige Vaders
Hoe lyk die werklikheid van vaderskap in ons huise? Doen ons die nodige om ons kinders te begelei en ons seuns as manne van God te herder, op te voed en te ondersteun in al die verskillende fasette van hul lewe en geestelike groei? Maak ons moeite met ons kinders, of laat ons daardie werk maklik...
-
Luisteraarsvraag: Lei ons nie in die versoeking nie
Wat beteken dit om vir God te vra "lei ons nie in die versoeking nie", en wat is die wanbegrippe daar rondom? Versoek God dan mense tot sonde, of hoe moet ons hierdie teks lees en verstaan? Wat was Jesus se oorspronklike bedoeling met die woorde? Is daar 'n verskil tussen beproewing en versoeking?
-
Perspektief: Januarie 2026
Die voorsitter van die CRL - raad vir die regulering en beskerming van kulturele, godsdienstige en taalinstellings - het in Januarie 2026 bedank, omdat hy nie kan saamleef met die wete dat die staat kerke, predikante en die christelike geloof wil beheer en reguleer nie. Wat staan christene te…
more -
Pastoraal: Konflik in die Kerk
Mag en moet daar konflik in die kerk wees? Hoe moet ons dit in die huisgesin van God hanteer? Wat is ons verantwoordelikhede teenoor God heel eerste, en teenoor ons broers en susters in die kerk? Kan ons bekostig om die waarheid op die altaar van vrede te offer? Watter groei sal daar dan wees?…
more -
Pastoraal: Sosiale media en my kind
Ons beleef 'n aktiewe invloed van sekularisme op sosiale media, en ons kan die verwoesting wat die "virtuele god" in ons samelewing aanrig, duidelik sien in die siek geestestoestand van ons jong mense. Waarom raak ons kinders verslaaf aan aanlyn speletjies en sosiale media? Kan dit wees dat hulle...
-
Wat sê die Vers? 1 Thes 5:21
Wat is die tema en konteks van die boek 1 Thessalonisense? Wat staan in die gedeelte voor die teksvers? Gaan die vers oor die toets van lekker dinge en versoekings van die lewe, of oor die meet van die geestelike gawes van christene aan die Woord van God? Leer die Bybel ons om die versoekings van...
-
Terugkyk op 2025
Wat 'n voorreg om terug te kyk op 2025! Die jaar het so baie op gelewer en so vinnig verby gevlieg, maar die Scriptura span het reekse en episodes gepubliseer wat ons eie verbeelding oortref het. AAN GOD AL DIE EER, want in werklikheid was dit episode vir episode, 'n groot genade. En alles het...
-
Luisteraarsvraag: God die Vader en God die "Moeder"?
'n Luisteraar vra: "Sondag is God aangespreek as God die Vader, en God die Moeder. Is dit bybels, of is dit laster, en is dit aanvaarbaar?" Is God tweeslagtig? Mag ons God se persoon as sy, haar, moeder, vroulik, vrou en moeder aanspreek? Kan ons toelaat dat feministiese denke ons kultuur en ons...
-
Perspektief: November 2025
Scriptura gesels oor wanbesteding en skuld, natuur- en wildbewaring kwessies, en laastens ook oor die G20 konferensie se skynheilige voorhou dat ons huis in order is voor die wêreld.
-
Wat sê die vers? Handelinge 2:38
Wat is die misverstande en dwaalleer van die vers ten opsigte van die water, die doop en die Heilige Gees? Daar is groot hoop vir die mens in Handelinge 2:38, en meer nog in die vers wat volg: " .... die belofte kom julle toe en julle kinders ..." Kan ons geloof vir onsself in ons eie harte...
-
Wat sê die vers? Spreuke 4:23
Hoe word Spreuke 4:23 misverstaan? Wat is wysheid en dwaasheid volgens God se woord? Benader ons dalk hierdie vers vanuit 'n obsessiewe selffokus en piëtistiese denkraamwerk, wat emosies bo God se wysheid verplaas en liewer 'n heilige lewe beklemtoon? Watter tipe literatuur is Spreuke, en wat is...
-
Wat sê die vers? Kolossense 1:15
Wat word regtig bedoel met Kolossense 1:15 - "Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping …"? En wat is die algemene waninterpretasies van groepe soos die Jehova getuies en die Moslems oor die person van Jesus Christus? Is Hy net die beeld van God, en is Hy die...
-
Perspektief - Oktober 2025
In Perspektief - Oktober 2025 gesels Scriptura oor ernstige nuusgebeure van die afgelope maand. Pous Leo en koning Charles III bid saam vir die eerste keer in 500 jaar, en die stryd teen die Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission (CRL) waarmee die Suid-Afrikaanse regering poog om...
-
Wat sê die vers: Matteus 17:20
Jesus antwoord hulle: "Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie." Watter waninterpretasies en misverstande bestaan rondom...
-
Luisteraarsvraag: Dekonstruksie van geloof
Wat is geloofs"deconstruction"? Hoekom bevraagteken mense die gereformeerde geloof? Hoe moet ons dekonstruksie benader en mense daaruit help? Watter rol speel postmodernisme en die gees van ons tyd hierin? Wat is die gevolge van die idees van filosowe soos Jacques Derrida? Woorde kry nuwe…
more -
Skrywe aan lidmaat van GK Nelspruit op FB
In die afgelope week het 'n amptelike brief van die Gereformeerde Kerk Nelspruit aan 'n lid van die gemeente opslae gemaak. Die brief handel oor kerklike betrokkenheid en die verantwoordelikheid wat belydende lidmate het teenoor die gemeenskap van gelowiges. In hierdie opname gesels die...
-
Menslike Seksualiteit: Waarheid en liefde vir mense wat worstel
Hoe moet ons mense wat met seksuele sonde worstel behandel en dien? Hoe kyk ons verby die skaamte en stigma, en help ons verlore siele om Christus se liefde en genade te sien? Hoe wen ons hulle vir Christus? Moet ons diesulkes vermy en verwerp, of moet ons hulle liefhê en dien met die waarheid…
more -
Perspektief: September 2025
In 2 Johannes 1:9-10 lees ons: "Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun." Die tragiese moord op Charlie Kirk, stigter van Turning Point in Amerika, getuig van die ongelooflike goddeloosheid en...
-
Menslike Seksualiteit - Herstel Deel 4 – Enkellopend, gesinslewe en seksuele opvoeding
Vraag 37-40 hanteer die kwessies van seksualiteit van die enkellopende, seksualiteit in die gesinslewe, asook die seksuele opvoeding van ons kinders. Hoe kan ons die gesinslewe so inrig dat dit tot eer van God voortbestaan? Wat is God se wil vir hoe ons ons kinders in geskikte seksualiteit moet...
-
Menslike Seksualiteit: Herstel (deel 3) - Bekering en huweliksrolle
Wat is die verskil tussen iemand wat teen seksuele sonde stry en iemand wat volhard in hul sonde? Kan mense wat in hul onheilige begeertes en seksuele sondes volhard, en hulle nie tot God bekeer nie, dan nie salig word nie? Wat is in ware bekering van alle seksuele sonde betrokke? Hoe moet mans...
-
Perspektief: Augustus 2025
Scriptura gesels oor die afgelope maand se nuusgebeure wat uitgestaan het, en vir baie mense 'n struikelblok kan wees in hul geloof, oortuigings en lewens. Trump is van mening dat hy hemel toe kan gaan as hy net genoeg mense kan red. Suid-Afrikaners dobbel miljoene rande weg. Kunsmatige...
-
Menslike Seksualiteit: Herstel Deel 2 - Pornografie se vernietigende mag
Wat is pornografie? Wat is die aard van die verslawing? Wat is die gevare en die effek van onsedelikheid op mense en verhoudings? Hoe hou dit verband met afgodery, ledigheid en onreinheid buite die huwelik? Hoe stry ons die stryd teen onsedelikheid, pornografie en homeseksualiteit ens ...?
-
Menslike Seksualiteit: Herstel – Struikel, bekering en heiligmaking
Wat moet ons doen met ons eie sondige seksuele begeertes en sondes? Het gelowiges ook 'n stryd met seksuele sonde? Is seksuele sonde groter as ander sonde? Hoe lyk die pad van herstel vir die gelowige wat sukkel met seksuele sonde? Is dit 'n stryd van bekering, of bly ons nou maar vasgevang in...
-
Luisteraarsvraag: Is Christus teenwoordig met nagmaal?
Is die nagmaal 'n sigbare seël, of 'n misterieuse ritueel, of 'n dooie simbool? Wat is die belofte en geestelike betekenis van die nagmaal? Hoekom gebruik ons die sakrament? Hoekom het Jesus dit as 'n opdrag aan christene gegee? As die brood en die wyn nie letterlik Sy liggaam en sy bloed is nie,...
-
Perspektief: Julie 2025
Die Boland Rugby Unie hou 'n publieke gebedsdiens op 'n Sondag voor die wedstryd. Die Maryland hofuitspraak verbied die LGBTQ+ beweging om hul agenda op skoolkinders af te forseer. SA Raad vir Kerke steun op die Wêreldraad van Kerke in hul anti-korrupsie konferensie.
-
Menslike Seksualiteit: Verlossing - die evangelie bring bevryding
Watter soorte liefdesverhoudings is verkeerd in God se oë? Hoekom kan ons nie leef en lief hê soos ons wil nie? Hoekom is alle vorme van seksuele onsedelikheid onversoenbaar met ons eenheid in Christus? Hoe bevry die Evangelie ons ten opsigte van seksuele sonde?
-
Menslike Seksualiteit: Sondeval Deel 2 – Begeertes, versoeking en veroordeling
Wat motiveer ons begeertes? Hoe werk versoekings en begeertes, en wanneer is dit sonde? Waar kom versoekings vandaan? Wat gee geboorte aan sonde, en waar gebeur dit? Kan ons in ons gedagte veilig speel met sondige denke? Sukkel ons almal met dieselfde versoekings of laste? Verwerp God slegs die...
-
Menslike Seksualiteit - Sondeval – Die oorsprong van seksuele gebrokenheid
Wat is die oorsprong van ons seksuele gebrokenheid? Het God ons goed of sleg geskape, en was daar fout in Sy skeppingsorde? Wat was die toestand van Adam en Eva se harte voor hul sonde? Wat was die leuen van die slang in die tuin van Eden, en hoe het dit ons menslike hart verwring? Waar kom die...
-
Menslike Seksualiteit: Skepping (Deel 3) - Die huwelik en God se oorspronklike ontwerp
Wie het die huwelik ingestel en bepaal die orde daarvan? Wanneer en hoekom het God dit as lewenslange, monogame verbondsverhouding geheilig? Waar pas die seksuele verhouding in sodat dit God verheerlik? Waarom is die Here so ernstig oor egskeiding? Kan ons meer doen om stukkende huwelike in die...
-
Menslike Seksualiteit: Skepping deel 2 - Geslagsideologie en Verwarring
In die derde episode van die reeks gesels Scriptura oor vrae 6 tot 8, wat handel oor geslagtelikheid, transgenderteorieë, en God se skeppingsorde. Hoekom moet ons God se plan en doel met die twee geslagte vertrou? Het God enige foute gemaak met die skepping van 'n persoon se geslag, en wat het na...
-
Perspektief: Mei 2025
Die Scriptura span gesels oor drie temas in vandag se perspektief: Josh Buice, stigter van die G3 Ministries is geskors oor kritiek op ander predikers, poliandrie (meer as een man) en poligamie (meer as een vrou), en die afname van aanddienste en leerdienste in die kerk. Hoekom loop kerke se…
more -
Menslike Seksualiteit: Skepping Deel 1 - Geslag en beeld van God
In episode twee van die nuwe Kategismus vir Menslike Seksualiteit, gesels Scriptura oor die skeppingsdoel en opdrag vir die mens. Die volgende vrae se antwoorde word uiteengesit: Wat is die geslagte waarmee God die mens geskape het? Wat vereis God deur ons na Sy beeld te skep, en ook hoekom het…
more -
Luisteraarsvraag: Hoe benader ons Sewendedag Adventiste?
Wat glo die Sewendedag adventiste? Hou hulle by die waarheid van die woord van God, of is hulle vasgevang deur vreesaanjaende profesieë en visioene? Is dit 'n kultus of 'n sekte, of sommer net 'n ander manier om God te aanbid? Hoe kan ons mense antwoord oor die hoop van ons verlossing in…
more -
Menslike Seksualiteit: Troos en sekerheid van 'n nuwe identiteit in Christus
Hoekom het ons 'n kategismus vir menslike seksualiteit nodig? Hoe groot is ons seksuele sondes, begeertes, luste en dade? Kan ek seksuele sondes oorkom, bevry word daarvan en voor God rein leef? Hoekom is dit vertroostend om te weet dat ons 'n nuwe identiteit in Jesus Christus het? Wat moet ek…
more -
Perspektief: April 2025
Scriptura gesels oor pous Francis se afsterwe en die nuwe pous Leo XIV se verkiesing. Dan word Jean Oosthuizen van Ontlaar se artikel oor radikale bevrydende humaniteit en sy "vryheid" wat wegdeins van rigiede dogmatiese geloof in die hiermaals bespreek.
-
Nuwe Dissipels: Die laaste dae
Wat gebeur met jou as jy doodgaan? Is daar lewe na die dood? Verdien almal om gered te word? Wat is die eindbestemming van die gelowige en die ongelowige? Wat is die hemel en die hel, en wie heers oor dit? Wat gaan gebeur met die laaste oordeel, en vir wie is die poel van vuur?
-
Perspektief: Maart 2025 - NK Kerk Namibië
Scriptura voer 'n tweede onderhoud met Ds Dubois du Toit van die NG kerk Suiderhof in Namibië oor die uittrede van NG Namibië uit die Algemene Sinode (ASM) as gevolg van afwykings van die Skrif. Die NG Kerk Namibië verwerp die waninterpretasie van die skrif, onbybelse kerkorde, homoseksualiteit,...
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.
HOSTED BY
scriptura.co.za
CATEGORIES
Loading similar podcasts...