Geen Verskonings episode artwork

EPISODE · May 25, 2025 · 2 MIN

Geen Verskonings

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailKolossense 4:6 Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord. Ons kan oor ‘n magdom van redes knorrig raak. ’n Gebrek aan slaap, lae bloedsuiker, honger, stres, onopgeloste woede, ongeregtigheid, konflik... Het jy opgelet dat selfs slegte weer ons knorrig kan maak? En wanneer jy knorrig is, kan die woorde wat by jou mond uitborrel, nogal lelik wees.Het jy al ooit ervaar hoe iemand uit die bloute met ‘n string beledigings op jou losgetrek het? Daardie woorde het jou seergemaak, dit was soos pyle wat op jou afgevuur was. En dit was onvermydelik dat jy dit persoonlik opgeneem het, nè? En boonop is dit ook nie iets wat jy sommer maklik vergeet nie. Trouens, dit kan julle hele verhouding permanent verander. En as jy dít toelaat om te gebeur, sal dit verander hoe jy jouself sien; jou gevoel van waarde verminder. Ja, dit kan jou selfbeeld knou.As jy logies daarna kyk, besef jy dat daardie beledigings niks anders as 'n simptoom van die norsheid van die ander persoon is nie. Dit is regtig hartseer as jy so daarna kyk. Kolossense 4:6 Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.Jou woorde moet gevul wees met vreugde, plesier en goeie maniere. Dit moet liefdevol en goedhartig wees … ‘n soort van  gratis geskenk. En onthou om ‘n bietjie liefde by te voeg. Liefde verander die atmosfeer. Dit verbeter die verhouding, dit doen nie afbreuk daaraan nie.Dus, soos iemand dit onlangs gestel het: 'n Slegte bui is nooit 'n verskoning om afbrekende woorde te gebruik nie. Nooit nie. Buie gaan verby, maar wrede woorde verwond die siel. Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig;Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 25, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Kolossense 4:6 Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord. Ons kan oor ‘n magdom van redes knorrig raak. ’n Gebrek aan slaap, lae bloedsuiker, honger, stres, onopgeloste woede, ongeregtigheid, konflik... Het jy opgelet dat selfs slegte weer ons knorrig kan maak? En wanneer jy knorrig is, kan die woorde wat by jou mond uitborrel, nogal lelik wees. Het jy al ooit ervaar hoe iemand uit die blo...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Geen Verskonings

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 25, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!