Geloof en Goedheid episode artwork

EPISODE · Jan 18, 2025 · 2 MIN

Geloof en Goedheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Petrus1:3,5 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, Kan ek jou vra: hoe begin jy om ‘n goeie lewenstyl te kweek? Een wat ryk en bevredigend is. Een wat diegene rondom jou positief inspireer. Hoe doen jy dit eintlik?Dit is nie 'n teoretiese vraag nie, nee beslis nie. Ons kry één lewe om op hierdie aarde te leef en dit glip verbasend vinnig deur ons vingers. Daarom gaan ons vandag, en gedurende die res van hierdie week, tyd saam spandeer om te kyk hoe om ‘n kwaliteit droomlewe te bou.2 Petrus 1:3,5 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis,Met ander woorde, as ons in Hom glo, het God ons reeds deur Jesus die krag gegee wat ons nodig het om 'n goeie lewe te lei. Om die waarheid te sê, eerder as om dit op ons eie te probeer uitwerk, het Hy reeds vir ons alles gegee wat ons nodig het om 'n oorvloedige lewe te lei. Maar nou is dit tyd om met Hom saam te werk om ons denke te vernuwe, en om ‘n lewenswyse te kweek wat vir God aanneemlik en volmaak is.Kom, neem vandag ‘n besluit om werklik te glo dat wat Hy sê, waar is. Glo dat Jesus is wie Hy sê Hy is. Glo dat God jou lewe ten goede wil beïnvloed. En voeg daarby ook jou bydrae van die goedheid wat jy reeds van Hom ontvang het. Toemaar, ek weet, party dae voel ons nie so edel nie, ons tree ook nie so voorbeeldig op nie!Maar laat ek jou bemoedig: toe jy in Jesus begin glo het, het Hy jou reeds alles gegee wat jy nodig het. Voeg goedheid by jou geloof … en jy is stewig op die wenpad.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 18, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Petrus1:3,5 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, Kan ek jou vra: hoe begin jy om ‘n goeie lewenstyl te kweek? Een wat ryk en bevredigend is. Een wat diegene rondom jou positief inspireer. Hoe doen jy dit eintlik? D...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Geloof en Goedheid

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 18, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!