Geloof en Vertroue episode artwork

EPISODE · Mar 10, 2024 · 3 MIN

Geloof en Vertroue

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHebreërs 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Hou jy ook daarvan om by mense wat ‘n gevoel van rustige selfvertroue en van stille tevredenheid uitstraal, te kuier? Om by hulle te wees, laat jou sommer beter oor jouself voel. Wat is anders aan daardie mense?Ek kan aan 'n halfdosyn sulke mense in my lewe dink. Ten spyte van alles wat hulle deurgemaak het - en sommige van hulle is al deur baie groot uitdagings - lyk dit of niks hulle ontwrig nie. Net om aan hulle te dink, voed my siel.Toe ek hulle vrae gevra het en ek antwoorde van hulle geëis het, was daar een ding wat soos ‘n paal bo water uitgestaan het. Hulle geloof. Hulle praat dikwels van hul geloofsreis. Kom ons kyk na die woord ‘geloof’. Hoe definieer jy dit? Hoe maak jy dit jou eie?Hebreërs 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.Daar is dit: geloof en sekerheid. Vertroue in dit waarvoor ons hoop, versekering oor wat ons nog nie sien nie. Hoe kan dit werk?Die antwoord is eenvoudig: wanneer jou hoop in Jesus is, dan is dit nie 'n wankelende hoop nie; dan is dit nie 'n onsekere hoop nie; dan is dit nie 'n hoop wat verdamp die oomblik wat die druk toeneem nie.Hoop in Jesus is 'n rotsvaste, sekere hoop. Jy kan staatmaak daarop dat al die dinge wat Hy in die Bybel beloof, vertrou kan word. Hy is altyd getrou. Hy is 'n ewige Rots waarop ons kan staan.Die sleutel tot daardie rustige selfvertroue en stille tevredenheid, wat sekere mense uitstraal, is 'n noue wandel met Jesus. Want hoe meer jy Hom leer ken, hoe meer groei jou geloof en hoe groter sal jou geloof en vertroue in Hom wees.Geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nieDit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 10, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Hebreërs 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Hou jy ook daarvan om by mense wat ‘n gevoel van rustige selfvertroue en van stille tevredenheid uitstraal, te kuier? Om by hulle te wees, laat jou sommer beter oor jouself voel. Wat is anders aan daardie mense? Ek kan aan 'n halfdosyn sulke mense in my lewe dink. Ten spyte van alles wat hulle deurgemaak het - en sommige van hulle is al deur b...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Geloof en Vertroue

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 10, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!