GENADE, PROFESSOOR! deur Nico Luwes episode artwork

EPISODE · Oct 23, 2025 · 49 MIN

GENADE, PROFESSOOR! deur Nico Luwes

from Radioteater · host RSG

Die Rachmaninoff-liefhebbende professor Weiss is peinsend besig met die taak om sy geliefde musiekdepartement te probeer red. Met die soeke na oplossings word dit baie duidelik dat nie alles in sy departement se kluis pluis is nie: kontant-kaartjieverkope by konserte verdwyn spoorloos. Dit word sy en sy kollega, mev. Schimper, se taak om die raaisel op te los, maar daar is ‘n moontlikheid dat hulle twee dalk meer as net romantiese vonke met mekaar deel. So word ons heldin, mej. Stamper, ook in die misterieuse sage ingetrek. Sy is die lojale sekretaresse van prof. Weiss, maar kan sy haarself neutraal hou sodat die ware skobbejak vasgetrek word? As ‘n toegewyde katliefhebber verkies sy haar Mephistophelies se geselskap bo haar mededepartementslede se leuens en verdagte gedrag. Maar wie is die werklike geldgierige skuldige? Die spelers is André Odendaal, Bertha le Roux-Wahl, Sulette Thompson, Botha Enslin en Mada Oosthuizen. GENADE, PROFESSOOR! was ’n finalis in die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie. Die regie word behartig deur Karen Wessels.

NOW PLAYING

GENADE, PROFESSOOR! deur Nico Luwes

0:00 49:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radioteater?

This episode is 49 minutes long.

When was this Radioteater episode published?

This episode was published on October 23, 2025.

What is this episode about?

Die Rachmaninoff-liefhebbende professor Weiss is peinsend besig met die taak om sy geliefde musiekdepartement te probeer red. Met die soeke na oplossings word dit baie duidelik dat nie alles in sy departement se kluis pluis is nie:...

Can I download this Radioteater episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!