Gesonde Verstand episode artwork

EPISODE · Jul 10, 2025 · 3 MIN

Gesonde Verstand

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 119:66-67  Gee my ’n wakker verstand en ’n kop vol kennis oor U, want ek glo al u voorskrifte. Vroeër het ek op verkeerde paaie geloop, maar daardie dae is vir goed verby; nou doen ek net wat U sê. (DB) Dit is nogal verstommend hoe maklik ons emosies ons goeie gesonde verstand kan uitknikker. Alles ván trots tót vrees, van woede tot eensaamheid, kan veroorsaak dat ons baie verkeerde besluite neem; besluite waaroor ons uiteindelik baie spyt sal wees.In 1812 het Napolean Bonaparte, die selfaangestelde keiser van Frankryk, 'n massiewe militêre veldtog teen Rusland geloods. Hy het met 600 000 soldate van verskeie Europese lande, een van die grootste leërs wat nog ooit in Europa versamel is, onder sy beheer, bymekaargemaak vir die aanval op Rusland.Hy het die geografiese grootte van Rusland heeltemal onderskat; die strawwe klimaat geïgnoreer en nie rekening gehou het met die Russe se slim taktiek nie. Napoleon het geglo dat sy voortreflike militêre bekwaamheid en die blote grootte van sy Grande Armée 'n vinnige oorwinning sou verseker.Napoleon se grootheidswaan het daartoe gelei dat hy, met rampspoedige gevolge, die waarskuwings en advies van sy eie generaals geïgnoreer het …. Sy leër is deur die vreeslike koue, hongersnood, siektes en voortdurende aanvalle deur Russiese magte vernietig. Slegs 100 000 van sy manskappe het lewend teruggekom Frankryk toe. Nie ‘n baie suksesvolle veldtog nie, of hoe!So dink ‘n bietjie, wanneer laas het jy jou emosies toegelaat om jou goeie gesonde verstand te oorheers? En sê my, hoe goed het dit vir jou uitgewerk?Psalm 119:66-67 Gee my ’n wakker verstand en ’n kop vol kennis oor U, want ek glo al u voorskrifte. Vroeër het ek op verkeerde paaie geloop, maar daardie dae is vir goed verby; nou doen ek net wat U sê. (DB)God het jou onbeskryflik lief. Die laaste ding wat Hy wil hê, is dat jy die een flater na die ander moet maak. Vra Hom, want Hy sê – vra en vir julle sal gegee word. Vra dus: Here gee my ’n wakker verstand.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 10, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 119:66-67 Gee my ’n wakker verstand en ’n kop vol kennis oor U, want ek glo al u voorskrifte. Vroeër het ek op verkeerde paaie geloop, maar daardie dae is vir goed verby; nou doen ek net wat U sê. (DB) Dit is nogal verstommend hoe maklik ons emosies ons goeie gesonde verstand kan uitknikker. Alles ván trots tót vrees, van woede tot eensaamheid, kan veroorsaak dat ons baie verkeerde besluite neem; besluite waaroor ons uiteindelik baie spyt sal wees. In 1812 h...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Gesonde Verstand

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 10, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!