God Bemoedig Jou episode artwork

EPISODE · May 18, 2024 · 2 MIN

God Bemoedig Jou

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Korintiërs 7:4-6 Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry. Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die vernederdes bystaan, het ons ondersteun deur die teenwoordigheid van Titus. (NLV) Die woord "swaarkry" teken nie ‘n mooi prentjie nie, nè? Dit is beslis nie een waarvan ons ooit eienaarskap van sal wil neem nie. En tog is daar tye wanneer daardie woord die regte woord is om die situasie waardeur ons gaan, te beskryf.Dit is 'n woord wat die apostel Paulus by meer as een geleentheid in sy briewe gebruik het. Soos die keer toe hy aan sy vriende in Korinte geskryf het in:2 Korintiërs 7:4b En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry.Nouja, dit is ietwat vreemd vir iemand om sy vriende te bemoedig deur te sê dat hy, ten spyte van sy omstandighede, oorloop van vreugde. Maar daardie sin vertel ons baie van die God op wie Paulus vertrou het. Trouens, hy gaan voort om te sê ...2 Korintiërs 7:5,6 Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die vernederdes bystaan, het ons ondersteun deur die teenwoordigheid van Titus.Ek is so opgewonde om hierdie gedeelte vandag met jou te kan deel. Jy kan hieruit leer, dat te midde van die probleme wat jy ook al in die gesig staar, God vir jou vertroosting bring. Hy praat deur sy Woord met ons van die vertroosting, die vreugde en die bemoediging wat sy Gees bring, wanneer ons van buite aanvalle beleef; en van binne vrese ervaar.My vriend, hierdie boodskap is vir jou. Hy wil te midde van jou beproewings, vir jou sy troos, sy vreugde, sy bemoediging laat ervaar. Jy kan Hom vertrou om presies te doen wat Hy sê. Vertrou op Hom! Gaan na Hom en vra Hom om hierdie belofte in jou lewe waar te maak.God bemoedig diegene wat swaarkry.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 18, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 7:4-6 Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry. Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die vernederdes bystaan, het ons ondersteun deur die teenwoordigheid van Titus. (NLV) Die woord "swaarkry" teken nie ‘n mooi prentjie...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

God Bemoedig Jou

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 18, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!