God, Hoor U My? episode artwork

EPISODE · Nov 21, 2024 · 2 MIN

God, Hoor U My?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 86:6,7 Luister na my gebed, Here, gee tog ag op my smeekgebed. Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor. Het jy al gevoel asof almal praat, maar niemand luister nie? Jy word daagliks in hierdie deurmekaar wêreld gebombardeer deur soveel mededingende stemme; soveel opinies; soveel e-posse; soveel boodskappe. Dit kan veral in 'n tyd van beproewing, 'n baie eensame plek wees. Ons aanvaar al die tegnologiese hulpmiddels deesdae as vanselfsprekend. Byna almal besit slimfone. Ons stuur boodskappe, ons ontvang e-pos, ons maak oproepe, 'n vinnige Whatsapp hier, 'n Facebook-plasing daar, ‘n WeChat, ‘n Telegram, soveel keuses, soveel kommunikasie kanale... maar luister iemand regtig na jou?Alexander Graham Bell is in 1847 in Skotland gebore. Soos die meeste van ons weet, het hy saam met sy vriend, Thomas Watson, die eerste telefoon ontwerp. In 1915 het mnr. Bell die eerste langafstand telefoonoproep van New York na mnr. Watson in San Francisco gemaak. Kan jy jou die opwinding voorstel van die oomblik toe hy geskakel het? Sou die oproep twee en 'n half duisend myl ver deurkom? Sou Watson optel? Sou hy luister?Dit voel dikwels vir ons asof God ver is. Hy moet 'n besige Man wees; Hy het soveel hooi op sy vurk! As jy na Hom roep, sal jou oproep deurkom? Sal Hy optel? Sal Hy gereed wees om te luister? Sal Hy jou antwoord?Psalm 86:6,7 Luister na my gebed, Here, gee tog ag op my smeekgebed. Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.My vriend, wees verseker, God is altyd daar; altyd gereed om jou smeking om genade te hoor, altyd gereed om in jou dag van benoudheid na jou te luister en om jou te antwoord wanneer jy Hom aanroep. Altyd. Moet nooit daaroor twyfel nie.Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 21, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 86:6,7 Luister na my gebed, Here, gee tog ag op my smeekgebed. Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor. Het jy al gevoel asof almal praat, maar niemand luister nie? Jy word daagliks in hierdie deurmekaar wêreld gebombardeer deur soveel mededingende stemme; soveel opinies; soveel e-posse; soveel boodskappe. Dit kan veral in 'n tyd van beproewing, 'n baie eensame plek wees. Ons aanvaar al die tegnologiese hulpmiddels deesdae as vanselfspre...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

God, Hoor U My?

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 21, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!