God is in Jou Midde episode artwork

EPISODE · Feb 6, 2025 · 2 MIN

God is in Jou Midde

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou: Of dit nou reg of verkeerd is, mense doen slegte dinge aan ons. Of dit reg of verkeerd is, slegte goed gebeur. Reg of verkeerd (en, kom ons erken dit, meer verkeerd as reg) ons reageer nie altyd so goed nie, of hoe?Die druk van die alledaagse lewe neem toe. Of jy nou besig, besig, besig... of eensaam is, daardie druk veroorsaak dikwels dat ons meer verkeerd as reg optree.Hoekom is dit? Hoekom bring druk die ergste in ons na vore? Ek is nie seker of ek daardie vraag kan beantwoord nie, maar wat ek wel weet, is dat wanneer ons probeer om die druk op ons eie te hanteer, dit die verkeerde reaksie ontlok.So, hier is goeie nuus. Selfs wanneer jy jammerlik misluk het, selfs wanneer jy verkeerd opgetree het, wil God deel van jou lewe wees.Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou. God is net hier in ons midde, tussen al ons probleme, net hier te midde van ons mislukkings … is Hy magtig om te red. Trouens, Hy smag daarna om jou te red, Hy sál jou red; ja, meer nog, Hy sal in blydskap oor jou jubel.Dink daaroor na. God juig oor jou, Hy jubel oor jou, nie net met sang nie, maar met luide sang … oor jóú!Maar weet jy watter begrip in hierdie versie het my regtig geraak? Hy is stil-tevrede in sy liefde. Te midde van al daardie onstuimigheid, ten midde van jou berou oor jou mislukkings, sal sy liefde 'n balsem vir jou gees wees; sy liefde sal jou stilmaak en vrede gee.Moet nooit vergeet nie, die Here jou God woon in jou!Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 6, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou: Of dit nou reg of verkeerd is, mense doen slegte dinge aan ons. Of dit reg of verkeerd is, slegte goed gebeur. Reg of verkeerd (en, kom ons erken dit, meer verkeerd as reg) ons reageer nie altyd so goed nie, of hoe? Die druk van die alledaagse lewe neem toe. Of jy nou besig, besig, besig... of eensaam is, daardie druk v...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

God is in Jou Midde

0:00 2:50

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 6, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!