God se Geskenk episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2025 · 2 MIN

God se Geskenk

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 8:31-32 Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie? (NLV) Daar gaan tye in jou lewe wees wanneer dinge net te veel word vir jou; wanneer mense, omstandighede en selfs jou eie onnoselheid teen jou tel; wanneer jy net in 'n balletjie wil opkrul en vergaan. Dit gebeur met ons almal.Geniet dit wanneer dit goed gaan, wanneer die lewe maklik is! Maar kom ons wees realisties, daardie tye hou nie vir ewig aan nie. Dinge gebeur wat die hele spul omverwerp. En aanvanklik is ons nog mans genoeg om die situasie te hanteer … totdat ons nie meer kan nie, totdat daardie laaste druppel die emmer laat oorloop.Soos die jare aangestap het, was dit vir my 'n kosbare openbaring om te besef dat ek dit nie alles op my eie kan of hoef te hanteer nie. Nie een van ons kan nie. En weet jy wat? Dit is 'n goeie ding.Romeine 8:31-32 Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie? (NLV)Kom ons verstaan dit mooi: God het sy Beste vir ons gegee. Jesus, sy Seun, het gely en aan die Kruis gesterf om vir ons sonde te betaal sodat ons, wanneer ons in Hom glo, die gratis gawe van die ewige lewe kan ontvang.Sal Hy nie daar wees vir jou wanneer jy swaarkry nie? Sal Hy jou hulpkrete ignoreer? Nee nooit nie! Want as Hy bereid was om so ver te gaan vir jou, kan jy nie vir een oomblik twyfel daaraan dat Hy enigiets vir jou sal doen nie.As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie?Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 8:31-32 Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie? (NLV) Daar gaan tye in jou lewe wees wanneer dinge net te veel word vir jou; wanneer mense, omstandighede en selfs jou eie onnoselheid teen jou tel; wanneer jy net in 'n balletjie wil opkrul en vergaan. ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

God se Geskenk

0:00 2:50

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 25, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!