God se Goedheid episode artwork

EPISODE · Mar 19, 2025 · 2 MIN

God se Goedheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. Ons dink nie so daaraan nie, maar 'n eenvoudige daad van vriendelikheid van ons kant, wat ons niks kos nie, kan iemand se dag opvrolik ... selfs hulle lewe red. Maar dan is daar ander tye wanneer ‘n onselfsugtige daad jou bestaan in gevaar kan stel.Oskar Schindler was 'n Duitse nyweraar en lid van die Nazi-party. Hy het sekere mense omgekoop om 'n geleentheid in Kraków, Pole te kry om geld te maak. Dit was minder as 80 kilometer weg van die konsentrasiekamp Auschwitz-Birkenau, waar oor ‘n miljoen Jode vermoor is. Maar toe die afgryse van die "Finale Oplossing van die Jode " vir Schindler ‘n werklikheid geword het, het sy fokus van geldmaak verskuif na ‘n poging om soveel Jode se lewens as moontlik te red. Hy het alles – selfs sy eie lewe – gewaag om meer as 1 200 Jode van Volksmoord te red deur hulle vry te koop.Ja, my vriend, soms is genade nie so eenvoudig nie. Soms kan dit jou alles kos. Kyk wat die apostel Paulus 'n paar duisend jaar gelede geskryf het:Efesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.God se genade teenoor jou (en my) het Hom alles gekos – die dood van Jesus, sy enigste Seun aan die Kruis. Jesus het die straf wat ons toegekom het, betaal, sodat ons lewens gered kan word. Dit laat ons dink aan hoe die Jode, wat Oskar Schindler vrygekoop het, moes gevoel het.Ek weet nie van jou nie, maar ek verdien dit nie ... Dit is natuurlik die hele punt! Want as ons dit verdien het, sou ons nooit die ewige, wonderlike rykdom van God se genade ontdek het nie!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 19, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. Ons dink nie so daaraan nie, maar 'n eenvoudige daad van vriendelikheid van ons kant, wat ons niks kos nie, kan iemand se dag opvrolik ... selfs hulle lewe red. Maar dan is daar ander tye wanneer ‘n ons...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

God se Goedheid

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 19, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!